…gister, vandag, môre…

Posted: Maart 23, 2007 in Uncategorized

vuurtoring-3.JPG 

GISTER het ek ‘n vreemdeling ontmoet…Vandag is hierdie vreemdeling my vriend.  Indien ek nie die tyd gebruik het om “dag” te sê nie, of terug geglimlag het, of blad geskud het, of geluister het nie, sou ek nie hierdie persoon leer ken het nie.

GISTER het ek drukkies gegee aan iemand vir wie ek baie omgee. Vandag is hulle weg…en MôRE sal hul nie terugbring nie. Sou dit nie lekker wees as ons almal sou weet dat ons MôRE nog hier sal wees nie? Maar dit kan nie gebeur nie, dus maak VANDAG tyd om iemand ‘n drukkie te gee, of om te glimlag en sê gerus ook: “Ek gee om.”

NET VIR VANDAG

Glimlag vir iemand wat jy nie ken nie; 
Luister regtig wanneer iemand met jou praat; 
Laat val ‘n muntstuk waar ‘n kind dit kan optel; 
Leer iets nuuts by en dra hierdie kennis oor aan ander;
Vertel iemand dat jy aan hulle dink;
Gee ‘n geliefde ‘n drukkie; Moenie ‘n wrok koester nie;
Moenie bang wees om te sê: “Ek is jammer” nie;
Kyk in ‘n kind se oë en vertel hulle hoe fantasties hulle is..

Moenie daardie spinnekop in jou huis doodmaak nie, dit is dalk net verdwaal, wys dit dus hoe om te ontsnap;
Kyk verby iemand se gesig na sy hart;
Maak ‘n belofte en kom dit na;
Gaan kuier of bel iemand, bloot net om te sê: “Hallo!”
Staan by jou beginsels;
Ruik die reën, voel die briesie in jou hare en luister na die wind in die bome se blare;
Gee om vir diere en luister na die vrolike sang van die voëls;
Gebruik al jou sintuie tot hul volle potensiaal;

Waardeer en geniet VANDAG!

(Thanx vir die spesiale stukkie, Petro en Ohnie! hehehe)

OK, ek het die unfair advantage om ‘n groot gedeelte van die Vuurtorings aan SA se kus te ken en self te kon afneem – die statige ou Grotes fasineer my eindeloos … gister se pic is Shelley Point!! Spesiaal vir jou Nella, plaas ek vandag L’Agulhas se Vuurtoring!!

Pas jouself mooi op! xx

Kommentaar
  1. Rounelle sê:

    Kasteel-agtig … my fortress. Dankie René.

    24 Maart .. mmmmm???😛

  2. Da Mario sê:

    Dank dan aan gisters wat ons vriende van more vir ons bring!😉

  3. Mag ons baie môres hê waarin ons die goue oomblikke van ons gisters kan oproep om warmte aan ons dag te gee. En so kry ek die idee vir ‘n blog… Elf is oor Walvisse, ek is oor skoenlappers, jy is oor vuurtorings, en die ander? Nee, DM, die mooie CM en kiddies tel nie.🙂

  4. Hehe Jo-Ann! Ek reken dis beter as DM eerder dan nie daai een antwoord nie! ;o) Daar is net iets in daardie groot geboue wat alle omstandighede moet trotseer en dan nog stil en statig staande bly, wat my nederig en stil maak in my binneste…!

  5. boerinballingskap sê:

    Ek hou baie van jou vuurtorings.

  6. Da Mario sê:

    Ek sal Rene se raad volg Jo-Ann en eerder nie antwoord nie! 😀

  7. Da Mario sê:

    On second thought Jo-Ann… en net omdat Rene nog nie weer iets gepost het nie…

    Vir Rene is dit vuurtorings….
    Vir R* is dit walvisse…
    Vir jou is dit skoenlappers…

    Vir my? ‘n 22 jarige se sexy ass….😀

    Lekker aand vir julle almal!!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s