…geluk…

Posted: Maart 22, 2007 in Uncategorized

vuurtoring-2.JPG 

MURPHY!!! Kan iemand vir my sê hoe ek die vent uit my lewe kry? Ek het gister ‘n lieflike post geskryf om vandag op te sit … en iewers tussen die boom en die bas het die sous op die gras geval! Ek is besig om hom te “recover” – en pos hom later…

Intussen … raai raai riepa … waar staan hierdie Vuurtoring??

Later! xx

*** 

HIER’S HY NOU! RECOVERED…

Ek wou skryf oor die liefde, maar daardie onderwerp is so holrug gery, ek dink nie daar is enige iets anders wat ek daaroor kan of wil sê nie!

Wat beteken die vyfletterwoordjie — GELUK — vir jou?

Was jy al so gelukkig dat dit vir jou gevoel het jy bars uit jou vel?? Mmm, ek was nog nie! Het al begin wonder of daar iets fout is met my, want nie eers op my troudag het ek so gevoel nie! (het ek dit hardop gesê?)  Aan die flipside – ten minste kan ek eerlik wees met myself daaroor(?) Dit was meer ‘n kombinasie van onsekerheid, opgewondenheid en angstigheid wat my geteister het en teen sononder ’n tranestorting veroorsaak het! (BTW — my man het nie gedink dis baie entertaining nie!

So, ten spyte daarvan dat ek myself as ’n gelukkige mens sou beskryf, bly die begrip GELUK is my  my ’n redelike relatiewe begrip! Het jy al in die HAT gaan kyk wat die woord geluk beteken … ek het dit sommer namens ons gedoen en die volgende “verklaring” gekry : toestand van tevredenheid; bevrediging van jou wense en verlange; vreugde! OK – dit help!

Gisteroggend het ek sommer vroegdag al besluit om ‘n slag myself te bederf met ‘n movie (dankie Regering vir ‘n vakansiedag op ‘n Woensdag!!). Ek stap toe voor die movie begin, op my eie in CapeGate rond en sonder om regtig daarvoor te kyk, begin my oog die een na die ander “sad” gesig raaksien. Ek noem dit maar sad, want ek weet nie regtig of dit sadness of sourness is nie!!  Ongelooflik hoe sad die meerderheid mense “lyk”!  Plak myself toe sommer net daar op die big M se stoeltjies neer en toe kyk ek sommer aspris.  En ek wonder onwillekeurig wat elke persoon wat daar loop se lifestory is.  Ons het tog ALMAL ‘n storie, good or bad, happy or sad! En ek wonder of elkeen se lifestory regtig die uitdrukking op hul gesig regverdig! Ek kry hoendervleis, want dan is daar baie sad stories waarmee mense rondloop.  Ek sien soveel hartseer in mense se oë, dat ek op die ou end eerder wil ophou kyk!

Nou wonder ek … wie is verantwoordelik vir my geluk? Moet ek op ander mense staatmaak om my wense, verlange, vreugdes te bevredig, of staan ek in werklikheid vrou-alleen verantwoordelik vir my eie geluk? Eish, en hoe gemaak as jy weet wat jou vreugdes, verlange en wense is, maar jy weet nie waar om te begin werk aan die wat nog kortskiet nie? Toe besluit om weer vir julle insette te vra om my te help met hierdie vragie! Die wêreld is my leerskool – ek moet net die boustene van my wêreld bietjie beter benut! Vertel my wat jy dink!!

xx

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Ek raai daai vuurtoring staan op Jacobsbaai!😉

    En oor geluk het ek actually ‘n opinie. Dis redelik lank, maar baie mooi en jy kan dit vind by:
    http://dmario.wordpress.com/2007/01/26/hou-op-jaag-storybook-love/

    mwah
    xxx

  2. Rounelle sê:

    Agulhas?

  3. Ware dieptevrede geluk is slegs enkeles beskore en as jy lank genoeg iewers stilsit sal jy dalk een of twee raaksien. Dit is hulle wat sing van hemel op aarde. Ek ken dit nie, maar ek het baie goue oomblikke wat sal sorg vir warmte in die winter van my lewe. En hoekom sê jy nie van Capegate nie? ‘n Vinnige koffie sou feestelik gewees het? Lekker slaap!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s