…neem verantwoordelikheid vir jouself…

Posted: Maart 15, 2007 in Uncategorized

 herfsblare.JPG

Hierdie stukkie het vanoggend met my hart gepraat!! Ek post hom vroegoggend – sodat dit ook deel van JOU dag kan wees!! 

Neem verantwoordlikheid vir jouself! 

Die Amerikaanse admiraal Rickover het eenkeer gesê: “Verantwoordelikheid is ‘n unieke konsep. Wanneer jy dit met iemand deel, word jou gedeelte daarvan steeds nie minder nie. Wanneer jy dit delegeer, is dit steeds by jou. Geen hoeveelheid ontwyking of onkunde of aanstuur kan dit laat verdwyn nie. As iemand nie ‘n vinger na jou kan wys wanneer iets skeefloop nie, is die waarheid dat jy nooit in die eerste plek verantwoordelik was nie.”

God soek mense wie Hy met verantwoordelikheid kan vertrou. En nou meer as ooit! Nie net dromers nie, maar mense van die daad. Nie diegene wat dit veilig speel nie, maar dié wat opstaan en die werk gedaan kry – wat dit ook al mag kos. Soms is dit ‘n wyse besluit om niks te doen nie, maar jy kan nie daarvan ‘n loopbaan maak nie. Freddy Fulcrum het alles te versigtig opgeweeg. Hy sou sê, “Aan die een kant … maar aan die ander kant.” Die probleem is dat sy argumente so gelyk opgeweeg het dat hy op die ou einde nooit iets gedoen het nie. Toe Freddy oorlede is, het hulle ‘n groot nul op sy grafsteen uitgekerf. John Maxwell skryf: “As jy besluit om vis te vang, goed so; as jy besluit om jou lyn uit te trek, goed so; maar as jy besluit om niks te doen nie, gaan jy nie vis hê vir aandete nie.”

Om God se doel vir jou lewe te vind en te vervul beteken dat jy verantwoordelikhede moet opneem en besluite moet maak – moeilike besluite, eensame besluite, duur besluite, ongewilde besluite, onaangename besluite en moedige besluite. Dit beteken ook die einde van alle verskonings: “Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word.” Jy sê jy hou nie baie van hoe dinge in jou lewe gaan nie. Rêrig? Wat doen jy daaromtrent?
 

Sien?

Lekker dag vir jou! xx

Kommentaar
  1. h0ney sê:

    Sjoe…..dis al wat ek kan sê…..

    x

    M

  2. Rounelle sê:

    He he .. go figure.

  3. BB sê:

    My grootste ‘vrees’ in die lewe is om eendag deur my Skepper gekonfronteer te word met “could have beens” – nie as straf nie – maar net ‘n rolprent van my lewe met die titel “Wat as BB…”.
    Makes you think, doesn’t it?!

  4. Sjoe! Geweet as daai blok loskom tref iets ons hard! Jy skiet uit die heup en dit is ‘n harde hou. Ek neem voorraad. Praat later! J

  5. mona sê:

    Mmmm… verantwoordelikhede. Iets wat so baie mense probeer vermy. Ek het so jaar terug ‘n balanstaat van my ou lewetjie opgetrek en besef ek sal my prioriteite moet agtermekaar kry. Soos ek glo baie van julle, word mens by die werk misbruik en doen jy jouself en jou familie in daardeur. I decided to turn my back to job and walk towards my family. Was nog nie een dag spyt nie, want om van my twee poppies die beste mense moontlik te maak, is die grootste verantwoordelikheid ooit.

    Ek doen my eie ding nou en is meer geredelik beskikbaar. Moral of the story is nie hoeveel verantwoordelikhede jy het nie, maar ek dink of jy pa staan daarvoor. Ek kan verkeerd wees..

    Liefde
    Mona

  6. Da Mario sê:

    Rene… jy is een van my gunsteling vriende.😀
    Ek is herinner aan hoekom, die oomblik toe ek jou post gelees het… en dit was voor ons chat op die blog!
    Wat ‘n fantastiese post….
    The Bat.

  7. […] Nadat ek hierdie post geskryf het was ek op ‘n ander blog.  Gaan staan en word slim oor verantwoordelikhede hierso… […]

  8. lien sê:

    na 24 jaar van getroude lewe

    I lie here broken,
    unable to stand up by will alone.
    Like the buck who was hit by a car,
    I struggle to lift myself up,
    to no avail.
    My heart is raw,
    so much in need of a cure.

    Kin mechanically mutilated an innocent soul,
    without perception of the infinite wound imposed.
    Years stain the time,
    with no request for forgiveness.
    All created solely to sate a lone ego,
    and I am left alone,
    unacknowledged at Hell’s door.

    ek weet nie wie dit geskryf het nie

  9. ruzelda sê:

    Ek hou baie van die kiekie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s