…writer’s block…

Posted: Maart 13, 2007 in Uncategorized

baba2.JPG 

Ek dog mense praat sommer net as hulle praat van writer’s block! Ja reg!!! Ek weet nie wat ek wil sê nie, ek wil nie eers begin krap aan als wat in my koppie aangaan nie! Miskien uit vrees dat ek dalk ‘n stukkie waarheid daar sal ontdek! ‘n Stukkie seermaak waarheid dalk? Ek weet net nie – en ek weet ook nie of ek WIL weet nie! Punt…!

Miskien moet ek die bloggery los en eerder ‘n boek skryf! Ek wens ek kon ‘n ensiklopedie skryf! Die tema : mense wat ek ken (of gedink het ek ken!) Enkele individue staan sterk uit! Pilare in my lewe waarsonder ek inmekaar sal tuimel! Ander wil ek liewer in ‘n staalboks bêre, toesluit met ‘n onvernietigbare slot en diep diep in ‘n donker hoekie iewers in ‘n verlate kelder wegsteek met die hoop dat dit nooit weer gevind sal word nie! En hoekom wil ek hul nie weer vind nie? Oor die seerkry en teleurstelling wat ek aan hom/haar veroorsaak het, of die seerkry wat weer oopgekrap en herontdek sal word as ek in daai boks begin grawe?

Ek verkies om dan eerder op die Pilare te fokus in my Ensiklopedie van Kennisse! Daardie omgee mense wat saam jou hart se legkaart vorm. Elkeen met sy eie funksie en sy/haar unieke eienskappe!  Ek sal nie sonder een van hulle kan survive nie! Come to think of it, ek sal ‘n hele paar ensiklopediëe kan skryf!!

In elk geval … ek het nou eers “writer’s block”! Ek kom terug oor dié een!

Lekker daggie xx

Kommentaar
  1. Rounelle sê:

    I rest my case.

  2. Rounelle sê:

    Guess who.😐

    “Mense wat ek ken .. of gedink het ek ken ..”

    Ek sal vir jou ‘n omnibus daaroor skryf wat later in DVD Extended Edition format vrygestel kan word. Die Afrikaanse titel sal waarskynlik heet “Ontnugtering” .. go figure.

  3. Rounelle sê:

    😐 Weer ek. Pfft.

    Dis gewoonlik nie writer’s block nie. Mens hardloop selde regtig uit iets om oor te skryf. Ons probleem is ons weet wat ons gaan kry as ons gaan begin krap .. and we’re not quite ready to face the music.

    So ja … writer’s block😉

  4. Da Mario sê:

    LOL!!😀
    Sien hoekom is R* een van my gunsteling mense Rene?? Ek is seker jy sal oor jou “writers block” kom!

  5. Da Mario sê:

    By the way…. hoekom sien ek jou nooit meer op die chat nie?

  6. It takes all kinds of people to make the world go round….. but you do not have to know them all.

    Mens kan kies – en ek het jou gekies om deel te wees van my lewe; dit was ‘n goeie keuse!

    Geniet jou dag – ek dare jou – skryf oor die berg…
    berg wat tussen jou en wie of waar lê
    berg wat jy moet klim
    berg wat jou baken op die horison is
    berg wat deel van jou gisters is

    Ok, as jou “writer’s blok” nog sit, dan sit hy…..

    Geniet jou dag!

  7. mona sê:

    Hey René!

    Jip, soos Rounelle sê, ons weet wat ons gaan kry as ons begin delf. Kan geestelik uitputtend of nee, sieldodend wees! Weet julle, ek kuier so tussen almal se blogs en besef net weereens dat daar so baie van elkeen van ons in elkeen van ons is. Maak dit sin? My vraag: Why is it then that we treat each other the way we do? Is dit net doodgewone slegte tydsberekening in die sin van elkeen is op ‘n gegewe oomblik op ‘n ander plek in sy lewe? Frustrerend.

    O en René, na vele seer ontnugterings, hou ek by kennisse (buiten ‘n handvol wat ek vertrou met my binnegoed). Veiliger en nie so seer nie…

    Liefde
    Mona

  8. Sjoe, julle is great hoor! Daar is ‘n flikkering van hoop dat die writer’s block besig is om koers te kry, hopenlik maan toe! In my binneste bid ek hom weg, want daar is so baie om te sê!

    Rounelle, ek vermoed jy het met dieselfde ding in jou geloop op ‘n stadium met jou blog. Ek herinner myself daaraan dat ons eenkeer daaroor gepraat het. So baie om te sê – but is it really necessary to share it with an audience!? Ek kom tot die slotsom dat mens nie jou audience moet onderskat nie!!

    Da Mario, ek stuur vir jou ‘n mail oor jou navraag!

    Jo-Ann – goeie idee, siende dat ek tussen berge grootgeword het! Ek herkou al van gisteraand af aan daai onderwerp! Keep your eyes open for that one!! Ek kyk vanoggend na Charlene se foto’s by Oppiekoffie en daai een lekker lawwe ontspanne glimlag-foto van jou inspireer my weer om die dag met ope arms te verwelkom! Ek mis daardie dag julle, het dit sooo geweldig nodig om weer daar te sit en net te babbel oor enige iets wat opkom!

    Mona, hi daar! Is dit jou eerste comment op my blog? Indien wel, welcome girlfriend, is bly jy is met ons! Wyse raad van jou oor kennisse! Het dit alreeds begin toepas! Hoe gaan die spreekwoord : Rather be save than sorry!

    Wat ‘n voorreg om julle in my lewe te hê! Wat sou ek sonder my steunpilare wees??

    Lekker daggie, ek spoeg netnou weer!

    Liefdetjies : René xx

  9. Da Mario sê:

    Reneeee!! mwah xxx
    Ek wag nog vir daai mail van jou…. jy my addy verloor??😉

  10. Charlene sê:

    Hey René

    Ons moet weer gaan koffie drink!!!!!!!!!!!!!!!

    Mwah xxxxxxxx

    Lovies
    Charlene

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s