…to marry or not to marry?…

Posted: Maart 5, 2007 in Uncategorized

MY GROOT DAG!

Hierdie afgelope week was ek in ‘n sielestryd met myself! Ek loop al maande in my kop met die vraag of trou nie dalk bietjie overrated is nie!  

Toe begin ek wonder of dit regtig ‘n onderwerp is wat ‘n audience nodig het! Moet ek nie hierdie ding eerder vir myself in my kop uitsorteer as om dit op my blog te sit dat die “wêreld” daarna kan kyk en daaroor kan dink nie. My grootste vrees is dat ek diegene wat my blog lees wie nie getroud is nie, moontlik kan afsit van trou! Ek sal nooit iemand wil afsit van trou nie, want as jy daardie een regte persoon gekry het, se ek gryp en hou vas vir al wat dit werd is. So aan die ongetroudes en getroudes en geskeides en gelukkig getroudes of ongelukkige getroudes wat hier lees, herinner jouself gereeld daaraan dat wat hier staan, nie noodwendig die norm is nie, maar slegs ‘n opinie van iemand wat self met baie vrae in haar kop rondloop! Omdat daar vrae is beteken gelukkig nie noodwendig dat ek nie gelukkig getroud is nie, maar kyk bietjie na die wêreld om jou en neem my dan kwalik dat daar vrae is!

My doel is om my gedagtes op skrif te sit, met die hoop dat daar iemand daarbuite is wat hier lees, wat my moontlik kan help groei, as mens. Ek glo mense vorm mekaar, en dat lewenswyshede nie opgesluit lê in boeke wat stof vergader, geskryf deur slim mense met doktorsgrade nie, maar in die harte van die mense wat die lewe self geleef het! Mense wat foute maak, seerkry, opstaan en leer om weer voluit te leef! As ek vandag net een so ‘n persoon kan kry om sy/haar ervaringe met my te deel en ek
kan iets daaruit leer, dan was die skryf van hierdie blog hierdie hele week en die breinkrag wat daarin gesit is, die moeite werd!!
 

Ek kyk na getroudes rondom my, en oor die algemeen sien ek hartseer, ongelukkigheid, onmin, jaloesie! Mense wat eens op ‘n tyd voor ‘n predikant gestaan het, na die huweliksformeluur geluister het en daarna JA geantwoord het op ‘n belofte aan God!!  En vandag kan hul mekaar nie verdra nie, het die een nie ‘n gawe woord vir ‘n ander te se nie en maak hul mekaar doelbewus seer! Ek vra myself male sonder tal af, hoekom het hierdie twee dierbare mense getrou!! Was dit omdat hul mekaar opreg liefgehad het en daardie liefde met die tyd gekwyn het, of het hulle getrou omdat dit was wat almal wou gehad het hulle moet doen? Omdat die druk van familie en vriende so erg was, dat hul later nie meer verskonings kon uitdink hoekom hul nog nie getroud is nie, of het hulle getrou bloot omdat dit is wat die samelewing van ‘n mens verwag?   

Die lewe is eintlik baie eenvoudig, want dit word vir jou voorgeskryf hoe jy moet leef! Jy word gebore, gaan skool, studeer, ontmoet ‘n aanvaarbare man met wie jy reken jy sal die res van jou lewe kan saamleef en voor jy jou kan kry, begin almal vra wanneer trou julle!! Sodra julle getroud is, begin almal vra wanneer kom die eersteling, dan die tweede pienkvoetjie ens ens ens. Die hele kringloop weer van vooraf! Ek weet nie, miskien is dit die natuurlike gebore rebel in my, maar maak hierdie kringlop jou nie ook soms lus om te rebelleer teen die samelewing nie?  Op watter stadium van die lewe het “iemand” besluit dat dit is hoe die lewe moet loop? Daar le seker baie Christelike beginsels in hierdie kringloop, maar op watter stadium van die geveg mag jy vir JOUSELF besluit hoe jy jou lewe wil leef? 

Hiermee sê ek nie ALLE huwelike is sleg of ongelukkig nie!  Ek sien en hoor ook van mense wat 10, 20 of 30 jaar GELUKKIG getroud is, nogsteeds handjies vashou as hulle gaan stap en vir mekaar met liefde in hul oë kyk.  Dit maak my hart warm om te sien dat ten spyte van al die aanslae wat hul op hul huwelikspad gekry het, hul uitgehou en deurgedruk het, omdat die liefde op die ou end oorwin het! Dis so mooi en kosbaar!

Voor ons troue het ek hierdie gesprek met ‘n baie goeie vriend en mentor gehad! My vraag aan hom was – EK KAN SIEN HOE MAKLIK MENSE SKEI EN HOE SEER HULLE IN DIE PROSES KRY – WIE Sê MY HUWELIK GAAN UITWERK – “SO WHY BOTHER”? 

Hy het die volgende aanhaling uit “The Zahir” (Paulo Coelho) met my gedeel : “there is always an event in our lives that is responsible for us failing to progress: a trauma, a fear, a defeat, a disappointment, even a victory that we don’t understand, can make cowards of us and prevent us from moving on.”  Ek het my na die naaste boekwinkel gehaas en twee dae voor my groot dag die laaste bladsy gelees! Ek het nooit gedink ‘n boek kan ‘n mens se uitkyk op die lewe so verander nie! En skielik het ek kans gesien om Mount Everest te klim!

To marry or not marry – ek het nogsteeds nie ‘n antwoord nie!! Maar ek glo dat as jy jou huwelik op die volgende vier boustene bou en bereid is om elke dag hard daaraan te werk, dinge vir julle kan uitwerk!

* Bid elke dag saam

* Wees maats

* Wees vry

* Vergeet van al die moets en moenies 

Ek het eendag met ‘n omie van 80 gesels wat omtrent 60 jaar getroud was, en sy geheim vir ‘n gelukkige huwelik was dat mens ALTYD 100% moet GEE!!! Sonder om iets terug te verwag! Want as albei 100% gee, sal albei ook 100% ontvang! Ek dra dit saam met my, elke dag!

Ek kan seker nog vir ure oor hierdie onderwerp filosofeer. Maar ek is nie lank genoeg getroud om ‘n expert te wees op die onderwerp nie! Ek leer nog, en ek sal graag by JOU wil leer!

So, gooi jou 2c in my blikkie – maak nie saak wat jou huweliksstatus/-ervaringe is nie! En kom ons leer by mekaar!!

Dankie xx

(Ps. Whooohoooo, het julle gesien ek kon UITEINDELIK ‘n foto plaas!!!)

Kommentaar
  1. uge sê:

    Ek persoonlik dink jy vat raak en die is dinge waaroor mense ure oor kan sit en top. My opinie is, geen huwelik is elke dag gelukkig nie en dis daai sakke sout wat die oes die moeite werd maak (hoop dit maak sin). Kinders, is ook deel van die kringloop soos jy se, en dit kan ook eendag n vraag wees. Hoekom moet mens kinders he?

  2. Sjoe René, dit is diep en ek sal ernstig moet dink voor ek jou regtig antwoord. En dalk is my antwoord nie publiseerbaar nie… Miskien moet ons ‘n paar koppies koffie gaan drink… hehe.

    Al wat ek weet is dat ek definitief saam met die gesegde stem – trou is nie perdekoop nie. En pienkvoete is ‘n baie groot verantwoordelikheid wat twee mense net saam moet aanpak as altwee regtig wil en bereid is om 100% van hulself saam te gee vir ‘n baie lank tyd.

    Ek stem ook saam met die omie met sy 100% teorie. Dit is net baie jammer dat daar so min volgelinge van die teorie is.

    Vir my is die belangrikste bestandele in enige verhouding is respek en ruimte.

    Groetjies,

    Jo-Ann

  3. oopkop sê:

    Ek is die verkeerde een om oor trou te praat Rene. Getroud op 18 en geskei op 23. As ek dit ooit weer doen sal ek dit vir die regte redes doen. Gelukkig leer mens uit jou foute uit.

    Dr Phil het een keer vertel dat hy vir ‘n bejaarde paartjie wat oor die 50 jaar saam was gevra het hoekom dit tussen hulle werk, toe het die vrou gesê dat hulle nog nooit op dieselfde tyd nie meer verlief op mekaar was nie.

    Verder, bly ek maar hoop…

  4. h0ney sê:

    Ek is te bang om my mond oor hierdie onderwerp oop te maak so ek gaan in awe vir julle aanloer. Julle is diep hoor. Dalk te diep vir my stille brein vandag. Ek wil aan baie min dink en beslis nie my komende huwelik of wat dit beteken nie. En eintlik nog minder wat gaan dalk kan verkeerd gaan tussen nou en dan.

    Wat ek wel gaan se is dat jou foto pragtig is en jou nuwe look hier baie verfrissend is. Ek koppel nogal die groen aan jou maar moet my nie vra hoekom nie. Dalk oor jou verfrissende sonne gees.

    Lekker dag verder poppie.

    xxx
    M

  5. Rounelle sê:

    Niemand gaan my verkwalik as ek uitsit op hierdie rondte nie ne? Go figure.

  6. Charlene sê:

    Hallo Rene

    Dis sowaar ‘n heavy onderwerp!!!!

    Jo, ek stem saam met jou, mmmmaaaaarrrr sit by jou respek & ruimte ook vertroue, daar sonder kan ‘n huwelik ook nie.

    Elke persoon se resep vir ‘n huwelik is maar verskillend, elkeen roer maar by & haal uit wat ookal nodig is. Ek weet Jo is al 18 jaar getroud & ekself al 24 jaar & dit was nie net maanskyn & rose nie. Hey, die ding is debateerbaar.

    Sien jou Donderdag vir daai kuier & koffetjie.

    Vlieg Hoog

    Lovies
    Charlene

  7. Da Mario sê:

    Ek like hierdie post. En die foto. Jy ken my gedagtes oor die res!😉
    mwah xxx

  8. Da Mario sê:

    ROFL,ek wonder nogsteeds oor hierdie onderwerp!😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s