Archive for Februarie, 2007

…inspirasie…

Posted: Februarie 19, 2007 in Uncategorized

Once upon a time there was a bunch of tiny frogs…. who arranged a running competition. The goal was to reach the top of a very high tower. A big crowd had gathered around the tower to see the race and cheer on the contestants…. The race began….

Honestly: No one in the crowd really believed that the tiny frogs would reach the top of the tower. You heard statements such as: “Oh, WAY too difficult!! They will NEVER make it to the top.” or: “Not a chance that they will succeed. The tower is too high!”

The tiny frogs began collapsing. One by one…. Except for those, who in a fresh tempo, were climbing higher and higher…. The crowd continued to yell, “It is too difficult!!! No one will make it!” More tiny frogs got tired and gave up….
But ONE continued higher and higher and higher…. This one wouldn’t give up!

At the end everyone else had given up climbing the tower. Except for the one tiny frog who, after a big effort, was the only one who reached the top! THEN all of the other tiny frogs naturally wanted to know how this one frog managed to do it?

A contestant asked the tiny frog how he had found the strength to succeed and reach the goal? It turned out…. That the winner was DEAF!!!!

The wisdom of this story is: Never listen to other people’s tendencies to be negative or pessimistic…. because they take your most wonderful dreams and wishes away from you — the ones you have in your heart! Always think of the power words have. Because everything you hear and read will affect your actions!

Therefore:
ALWAYS be….POSITIVE!

And above all: Be DEAF when people tell YOU that you cannot fulfill your dreams!

Most people walk in and out of your life……but FRIENDS leave footprints in your heart

To The World You Might Be One Person; But To One Person You Might Be the World.

Gun my die voorreg om vandag hierdie blog aan my vriendin, Rounelle, op te dra! Ek het my dag begin deur haar blog te lees en vir die res van die dag gaan ek daaraan kou! (www.rounelle.wordpress.com). Jy inspireer my op maniere wat nie sommer net menslik moontlik is nie! Iewers is daar ‘n Groot Hand wat wag oor ons vriendskap hou!

Was Steve se weergawe van “EK LEWE” Vrydagaand op DHDI nie FENOMINAAL nie?

Vir die res van die dag het ek nie woorde nie … ons gesels môre weer vriende!

Pas jouself mooi op – R – xx

(Weet iemand dalk waar kan mens dié dingetjie aanneem?)

pienk-baba.JPG

Advertisements

…kort maar kragtig…

Posted: Februarie 15, 2007 in Uncategorized

Jip, dis weer sulke tyd van die jaar! Ons hou vandag Algemene Jaarvergadering – so ek moet gaan bontstaan en sorg dat elke omie ‘n servet het om hul mondjies af te vee en niemand dors huistoe gaan nie!  Ek los julle dus met hierdie kort, maar kragtige woorde:

“Ons trap baie spore in die sandduine van die lewe, maar in die oggend het die nagwind dit weggewaai.

Alles is verganklik, behalwe die omgee vir mekaar!”

Lekker dag vir julle!

Liefdetjies : R xx

…ai ai, die liefde…

Posted: Februarie 14, 2007 in Uncategorized

Ek het gemengde gevoelens oor Valentynsdag – ek weet nie of ek dit moet deel en maar eerder vir myself hou nie! Nietemin – my man het my darem vanoggend met ‘n bos pragtige blomme verras en volgens hom nie omdat dit Valentynsdag is nie, maar omdat hy vir my blomme MAG gee! Hy was nog nooit in die amper 10 jaar wat ons mekaar ken, juis ‘n Valentynsdag-man nie, en bederf my dwarsdeur die jaar op dae wat ek dit die minste verwag. En eintlik verkies ek dit so! Dit hou my darem so bietjie op my tone ook!

Valentynsdag is eintlik vir my ‘n sad dag – juis agv al die mense wat NIE liefde ontvang dwarsdeur die jaar nie – wat nog te praat van net een dag van 365 dae! Die ewige romantikus in my wil nie op Valentynsdag blom nie – uit rebelie teen liefdeloosheid in huise waar klein kindertjies moet toekyk hoe ouers op mekaar skree en mekaar verneder. Huise waar vrouens/mans wegkwyn omdat hul lewensmaat nie die nodige respek en liefde toon teenoor hom/haar nie, maar waar smeek en skree nie meer help nie en hul eerder groener weivelde iewers anders gaan soek.  Huise waar “grootmens-kinders” nie meer tyd vir hul bejaarde ouers in ouetehuise het en net gou vinnig inloer of ‘n oproep maak om te hoor of als darem nog OK is nie – of net te sê “ons is nog lief vir julle” nie! Ek kan heeldag aangaan hiermee…maar julle weet waarop ek sinspeel! Sulke goed maak my KWAAD, maar dit maak my ook hartseer! En die wêreld kies om dit te ignoreer! Ek kan nie…

Ek kry gister die e-possie, julle het dit seker ook gesien, maar ek plaas dit nietemin hier vir die wat dit dalk gemis het.

Mense is dikwels
onredelik en selfgesentreerd
Vergewe hulle, in elk geval

As jy goedhartig is
mense jou beskuldig van bymotiewe
Wees goedhartig, in elk geval.

As jy eerlik is
mag mense jou oneerlik behandel.
Wees eerlik, in elk geval

As jy gelukkig is, is mense jaloers
Wees gelukkig, in elk geval

Vandag se goed doen is more vergete
Doen goed, in elk geval

Gee die wêreld die beste wat jy het
en dit mag nooit genoeg wees nie.
Gee jou beste, in elk geval.

Want weet jy, op die ou end is dit tussen jou en God
Dit was nooit tussen jou en hulle nie
IN ELK GEVAL

 Mag dit IN ELK GEVAL vir jou ‘n lekker dag wees vandag!

Liefdetjies … René xx

Kyk julle – ek kan ‘n prentjie insit!!! (wordpress-les 101)

Fishbowl

…wegkruipertjie…

Posted: Februarie 13, 2007 in Uncategorized

Is julle nie ook moeg vir hierdie elke dag se gejaag na NIKS! Jy spring soos ‘n mal hoeder soggens vroeg uit die bed, hardloop deur ‘n stort en verbrand jou vas-aan-die-slaap-lyf met die yskoue water omdat jy te haastig is om te wag dat die water warm word! Dan is dit hare (en as jy so baie soos ek het – vat dit nogal ‘n tydjie), gesig inkleur, aantrek, gou vinnig ietsie gryp om oppad werk toe te eet en daar gaat jy! By die werk aangekom is dit ‘n gejaag van die een meeting na die ander, ‘n gejaag om al die agterstallige werk ingehaal te kry, ‘n gejaag om aan al die telefoonoproepe se vereistes te voldoen en ‘n gejaag om by 5h uit te kom! En moenie dink die gejaag stop as jy by die kantoor uitstap nie! Nee nee nee, dan is dit nog groceries gaan koop en by die huis gekom staan manlief, jou hond, jou papegaai (wat ek genadiglik nie ook nog het nie), jou visse in die visdam – almal – staan en kyk met honger ogies vir jou in afwagting vir hul kos en so bietjie aandag en TLC. Voor jy jou kan kry is dit 10:30 en jy het nog nie kans gehad om jou toonnaels wat al drie weke terug skree vir ‘n pedicure, te verf nie, jou hakke is grof, jou hare is vaal en jou ooghare staan bossies – jy weet jy sal jouself baie moeite spaar as jy eerder ‘n besoek aan jou Skoonheidsalon iewers kan inruim – maar WAAR EN WANNEER EN HOE? Moedeloos en doodmoeg sak jy op die bed neer en nog ‘n dag is in sy kanon!

Hehe, gelukkig gaan dit darem nie SO erg met my nie – maar partydae wil ek net daardie duvet oor my kop trek as die wekker in my ore begin gil! En ek wil net so nou en dan opkom vir vars asem! Maar nie te veel nie, want netnou sien iemand ek is wakker!! Ek wil nie kos sien nie, nie ‘n telefoon hoor lui nie, nie een keer hoor iemand vra “wat eet ons” nie en ek wil doen wat EK wil doen! Net omdat ek kan! Julle hoef nie bekommerd te wees nie – ek is nie op die randjie van depressie nie – ek wil net in vrede gelos word vir ‘n rukkie en nie voel daar is iets wat ek MOET doen nie – is dit te veel gevra as ek net wegkruipertjie met myself wil speel vir net een daggie?! Dit voel amper of ek hunker na studentevryheid! Studente doen wat hulle wil, wanneer hulle wil en saam met wie hulle wil, net OMDAT HULLE WIL!! Klink dit nie idillies nie?

Maar voor ek julle in ‘n depressie praat! Noudat ek dit van my hart kon afkry wil ek sommer met die volgende stukkie afsluit! Thanx Nandi vir die stukkie lag in my dag! Ek het dit verskriklik geniet!

Kostelike misverstand

Die paartjie is gereed om die aand uit te gaan – opgedollie, reg om te gaan; die ligte brand, die hond is buite gesit. Net toe die taxi opdaag en hulle by die deur uitgaan, hardloop die hond weer in.  Hy weier om uit te kom, en hulle wil hom nie binne los nie.

Die man gaan toe by die huis in, teen die trap op, terwyl sy vrou in die taxi op hom wag.  Omdat sy nie wil hê die taxidrywer moet weet die huis is leeg nie, verduidelik sy aan hom dat haar man “net gou haar moeder gaan groet het”.  ‘n Rukkie later daag die man op en klim ook in die taxi.  “Jammer dat ek so lank getalm het”, sê hy.

“Die onnosele teef het onder die bed gaan lê en ek moes haar met ‘n besemstok por om uit te kom.  Toe moes ek haar in ‘n kombers toedraai om te keer dat sy my nie byt nie.  Ek het haar teen die trap afgesleep en haar in die agterplaas gegooi.  Sy beter nie weer in die groentetuin skyt nie”.

Die stilte in die taxi was oorverdowend.

Mag jy vandag voel jy HOEF niks te doen nie – en net doen wat jy WIL doen omdat jy KAN!

“Fight the good fight!!”

 René xx

…ek loer gou in…

Posted: Februarie 9, 2007 in Uncategorized

Ek skeep julle en myself af, ek weet, en ek voel baie sleg daaroor … maar dis omstandighede waaroor slegs my “baas” beheer kan uitoefen – en glo my, hy is ‘n slawedrywer!

Ek het net gou kom inloer om jou te los vir die naweek met die volgende vyf punte wat Tracy Todd met ons deel oor hoe om elke dag te “soar”! Geniet dit! Ai, ek mis julle baie!!!!

  • Take nothing in life for granted.
  • Learn to say Thank You – even for the small things
  • Pay the people around you compliments where they are due – it’s amazing how they ricochet back at you.  Be sincere.
  • Do not self-destruct on negative feelings such as anger, bitterness and resentment.
  • Reach out and grab every opportunity possible with two hands.  In my experience, busy people are happy people!

Geniet ‘n rustige naweek en pas jouself mooi op!

Liefde … R xx

“inspirasie”

Posted: Februarie 7, 2007 in Uncategorized

Is dit nie vir jou ook vreemd hoe maklik ‘n mens die klein dingetjies in die lewe as vanselfsprekend aanvaar en heel happy met jou lewe aangaan, tot eendag sommer heel uit die bloute op ‘n mooi somersdag, jy ‘n boek/tydskrif lees, ietsie op die radio hoor, met iemand ‘n gesprek voer of iemand se lewensverhaal hoor – en jy kaplaks weer teruggeruk word aarde toe! Om op te staan in die oggend, te gaan stort, reg te maak vir werk, borsel jou tande, gryp gou ietsie vir ontbyt en daar gaat jy, klim in jou kar, dalk nog sing-sing werk toe en daar gekom klim jy maklik uit en begin met jou dagtakies. Geen moeite – so maklik soos asemhaal! Maar te maklik vergeet mens daar is mense vir wie dit nie so maklik is nie!

Ek het gister my “terugruk” gekry – het ‘n Loslitdag Show & Tell ontbyt bygewoon waar hul terugvoering gee van hoeveel geld ingekom het tydens 2006-Loslitdag en wat volgende jaar se tema is ens. Ek weet nie of jy al van Tracy Todd gehoor het nie, maar sy was die gasspreker – en wat ‘n fenominale, inspirerende vrou is sy nie! Sy was 8 jaar gelede in ‘n motorongeluk waarin sy verlam is van haar nek ondertoe. Sy kan slegs haar skouers bietjie optrek en haar kop links en regs draai, en daartoe is haar beweging beperk! En om te sien hoe hierdie vrou die pad gestap het as iemand wat haar lewe lank ‘n adrenalien-junky was, na iemand wat NIKS vir haarself kan doen nie – het my hart diep geraak! Om te dink jy kan nie eers jou neus krap as dit jeuk of jou eie trane afvee as jy hartseer is nie! Sy kan nie haar agtjarige seuntjie vashou en vir hom liefde gee nie. Sy kan hom nie optel as hy geval het nie! Ag, ek kan vir ewig aangaan!

Sy vertel onder andere van die een insident wat sy met haar seuntjie gehad het toe hy drie jaar oud was en sy op ‘n uiterste “low” was in haar lewe. Hy het hard geval en altwee sy knieë was stukkend en het gebloei, maar sy kon niks doen om hom te help nie. Toe sê sy vir hom hy moet dit self reg soen. Toe soen hy deur die trane sy eie knieë gesond en spring op en speel verder! Dit was vir haar ‘n groot “eye-opener”, want as daardie driejarige seuntjie van haar kan val en weer opstaan, dan kan sy dit ook mos doen!

Ag, dis seker nie eers nodig om te noem dat die uwe se traan-kraantjies teen daardie tyd al ordentlik oopgedraai is nie! Ek huil mos oor klein voëltjies wat doodgaan en kinders wat hul groottone stukkend stamp – so daar was geen keer aan my nie. Ek het nie gehuil oor haar swaarkry nie, maar oor die feit dat sy soveel swaar deur is en weer anderkant uitgekom het! En hier sit ek en kla as ek warm kry, of as ek ‘n effense hoofpyn het of nie lus is om kos te maak nie! Hoe ondankbaar wil mens nou wees?

Om af te sluit – wil ek die volgende woorde van Tracy met jul deel.  Why walk when you can soar! Dis haar motto in die lewe! En sy gee die volgende “tips” hoe mens kan “soar”. Ek deel dit graag elke dag so vyf punte met julle!

  • As you awaken each morning, say a little prayer for strength to face and cope with anything that may come your way that day.
  • Make a conscious decision to put a smile on your face and to be positive in all that you do.
  • No matter how bad you are feeling, you should get up each morning and dress to kill.  If you look good, you feel good.
  • Speak your mind, share your opinions and have your say – everyone has a right to “verbal independence”.
  • Allow your natural caring, maternal/paternal instincts to influence your thoughts, attitudes and decisions especially at work and in your daily life.

Mag dit vir jou ‘n fantastiese dag wees en jou hart oorloop van dankbaarheid – vir die klein dingetjies in die lewe – en vir die voorreg om vandag hierdie boodskap te kan lees!

Lief julle almal!!

René xx

“lite side of life”

Posted: Februarie 5, 2007 in Uncategorized

Ai, maar het ek julle gemis die naweek! In my kop het ek so baie dinge met julle bespreek, en noudat ek hier agter my PC sit is daar NIKS! ‘n Totale ‘blank’!  Dit beteken darem nie ek gaan julle vandag ook afskeep nie!

Ek weet nie wat Vrydag gebeur het nie! Ek het probeer om ‘n post te skryf, maar hierdie blikbrein van my het my holrug gery! Hy wil eenvoudig net nie saamwerk nie! Maar heit, vandag is die ou weer op sy kop! Het seker ook maar soos ek gevoel na ‘n woelige week!

Anyhow – hier sit ons alweer – dis Maandag, die begin van ‘n nuwe week! Mind you vir die wat wil weet – dit gaan regtig goed met “my nuwe lewe”! Daar is weer ‘n huppel in my stappie en ek kry nie die glimlag van my bakkies afgevee nie! Vaalseun – my kolligte is weer op brights! Jy sal weet!

Ek was Saterdag weer ‘n slaggie V&A Waterfront toe – hel maar daai plek het nou vir jou ‘n vibe! Daar het ‘n beautifull groot boot in die hawe gestaan, ek reken seker so groot soos die een wat Steve op was die naweek – maar so wat van uitlanders het ek lanklaas gesien! Dit voel skoon of jy in ‘n ander land is! Dis net Tafelberg wat jou herinner dat jy in Kaapstad is – of dan Slaapstad soos Steve daarna verwys! Verder was dit ‘n fantastiese dag! Ek het ‘n vriendin, haar dogter en my “aanneem koshuiskind” saamgevat en na ‘n toer deur die stalletjies, en ‘n heerlike bord seekos durf ons toe die water aan! Het ‘n vinnige halfuur-toertjie in die hawe op ‘n boot gevat, lekker koud gekry van die “open-air-aircon” en toe weer die hasepad huistoe gekies – kuslangs! Tog te lekker om weer ‘n bietjie weg te kom en vars seelug in te asem! Daardie vibe van die Waterfront hou jou so vas, jy moet jouself behoorlik wegskeur om daar weg te kom!

Om terug te kom na Kaapstad of Slaapstad – wat maak dit nou eintlik saak of dinge hier in die Kaap teen ‘n stadiger spoed plaasvind? Hier LEWE ons darem nog die lewe! Ons kan op ‘n hawemuur gaan sit en kyk hoe die see-otters in die water baljaar ! Hier op die platteland kan ons darem nog Sondae-aande vir ‘n koppie koffie na vriende drie blokke verder stap en die vars aandbriesie in-asem! Ons huise het alreeds ons tronke geraak, maar ons lewe nie regtig in vrees nie! Die kinders stap nog middae na skool geselsend en laggend huistoe! Nie ‘n bietjie bangeit in daardie onskuldige gesiggies nie! Dan kan ek nie anders as om myself af te vra – “vir hoe lank nog?” nie! Wat moet gebeur dat ons begin versigtiger raak?

Ag, eintlik wil ek glad nie op hierdie blog oor misdaad gesels nie! So, ek het ‘n voorstel! Kom ons gebruik my blog om oor die lekker goedjies in die lewe te gesels. Die goed wat ons laat lag, wat jou so opgewonde maak dat jy nie kan wag om dit met iemand te deel nie!! Ek wil praat oor die dinge wat vir jou in die lewe ‘n bietjie “AF” is. Snaakse dinge wat mense aanvang.  Hoe jy jou naam met ‘n plank geslaan het en hoe jy dit “oorkom” het! Die “lite side of life” dingetjies! Julle sal weet waarvan ek praat!!

So, ek gee jou kans tot môre en dan gaan ons begin om hierdie blog aan die brand te lag!

Hoop dis vir jou ‘n verruklike en vreugdevolle dag!

Tot later…. R xx