…out of ACTION…

Posted: Februarie 23, 2007 in Uncategorized

Het toe gister die kursussie met hoogste lof geslaag … sien, ek het gesê dit was nie nodig om dit by te woon nie, maar nou-ja, as hulle ‘n rede soek om geld te mors, hoekom sal ek stry! En raai … dit was ‘n “time management” kursus! Voel of vandag nie genoeg ure gaan hê om my “time management” toe te pas nie! Bummer… Kom ek vertel julle, dit vat meer tyd om jou tyd te bestuur, as om actually jou werk gedoen te kry!?

My beursie is dolleeg, ek het nie vandag 2 sente om in die blikkie te gooi nie ~ daar is te veel goed in my kop aan die gang om oor na te dink as om oor te praat!!

So please appreciate the silence – volgende week dop ons weer die wêreld om!

Geniet jou naweek en gedra jou – al is dit sleg!!

xx René xx

Kommentaar
  1. Rounelle sê:

    Yeehaa, wat het hulle met die ou René gemaak lol? Geluk met jou slaagsyfer vriendin en ja, oor tyd kan ek boeke skryf. Then again gee my enige topic en ek sal waarskynlik ‘n eier daaroor kan le!

    Terloops, volpunte ook aan jou vir die comment op Steve se blog. Ek stem volkome saam. Elkeen het die reg om sy mind te speak daar, maar daar is ‘n tyd en plek vir alles en ek dink daardie mense kan hul “gesels” iewers anders neem. Dit voel nou meer of Steve se inskrywing ‘n comment op hul blog is. Go figure. Maar die blote feit dat jy jou mond oopgemaak het laat my jou salute! You go girl.

    Hoop jy het ‘n fantastiese naweek. Volgende keer as jy weer op ons voorstoep kom draai waarsku jy my betyds asb dat ek nie weer so ‘n geleentheid deur my vingers hoef te laat glip weens omstandighede nie. Dankie vir al jou liefde en ondersteuning die afgelope week. Mwah! x

  2. Halloooo!!!

    Jip, dit klink soos die weermag die time management ding. By hulle was dit registers van registers.

    Bly jy is terug op die lug; dit was maar stil sonder jou. En ek stem – mens raak verstrengel in die “comments” op Steve se blog. Ek lees dit nie eens meer nie; oor ‘n 100 en dan is daar so baie duplikate.

    Ek raas en rant en rave en giggel liewer op my eie blokkie…. hehe.

    Lekker naweek – ek sal julle loer.

    Lovies,

    J

  3. Julle moet help – dit reën klippe!!!🙂

    Ag, ek is sommer net gatvol vir die outjies wat dink Steve se blog is HULLE blog! Vandag is ek net nie meer lus om my mond te hou nie!

    Die wat my ken weet dat ek dit in ‘n goeie gesindheid bedoel! Ek kon net-sowel misluk ook gewees het!

    Dankie vir julle begrip en ondersteuning! Hehehe, ek lag lekker vir die drolle wat nou so vinnig op hulle perdjies is…die mensdom darem! Ek het hulle amper uitgenooi na my blog – maar netnou kry die een of ander “DD” my blog-adres! Ons wil dit nie hê nie né?

    Lekker naweek vir julle! Jammer ek is so stil vandag – dis maar een van daai dae!!

    Lief julle steeds xxx

  4. Wessel sê:

    Net twee sinne René. “Plan your work and work your plan”. Dan sal daardie Time-managment kursus die moeite-werd wees. Lekker om jou te ‘ontmoet’ het vandag. Hou so aan en sterkte met die ‘site’

    Groete
    Wessel

  5. Jo-Ann sê:

    Mmmm dink hoeka ek het ‘n SuperB infeksie deurgetrek van SSSB. Het nie lus om te antwoord nie. Die hits op my blog hardloop. Ek e-mail jou met meer. Lekker bly.

  6. Rounelle sê:

    😦 Waar is my post vandag? As ek nog eenkeer refresh gaan my F5 knoppie uitval ek sweer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s