…tyd…

Posted: Februarie 21, 2007 in Uncategorized

Julle, ek het nou maar besluit genoeg is genoeg – as hierdie blog nog moet hardloop, sal ek ‘n bietjie “tydsbestuur” moet toepas. My oggende is eenvoudig net te deurmekaar en bedrywig om kwaliteit tyd in te ruim om my post te skryf, so ek het nou maar besluit ek gaan maak soos die Meester van blogging maak, en my posts eers na 12:00 plaas! So jammer vir julle wat vroeg oggend inspirasie soek – julle sal dit maar ‘n two-stop-gekombineerde-visit na Steve moet maak om die nuutste te kom lees. (Toemaar, ek is meer as bereid om tweede in die ry te staan vir hom – ek het begrip vir die verslawing!)

Vandag is een van DAAI dae!!  EK IS GLAD NIE LUS OM BY DIE WERK TE WEES NIE … sshhhhhttt!!! Nie omdat ek lui is en heeldag onder ‘n duvet wil wegkruip nie – om die een of ander rede is slaap deesdae nie meer so belangrik (val ek myself weer in die rede), maar doodeenvoudig omdat daar SO baie dinge daarbuite is wat gesien en gedoen moet word. My tuin kort dringend aandag – en alhoewel ek al so fluks was om my kaste reg te pak oor die naweek, is daar altyd ‘n 110 goedjies wat nog gedoen moet word.

Alles is so ‘n gejaag na TYD en op die ou end kom mens by NIKS uit nie. Ek wil so graag my man uitneem vir ete, of op ‘n rustige bootrit by die Waterfront of sommer ‘n mandjie pak en ‘n trippie maak Tafelberg op en net daar in die natuur wees – rustig – saam! Waar geen telefone ons pla nie en niemand net gou inloer vir ‘n koppie koffie en op die ou end heel dag kuier nie! Ek wil hom ontvoer na ‘n plekkie waar hy nie voel hy moet aandag aan een van sy vele ysters in die vuur of die rugby op die TV gee nie!  Maar dink julle daar is ooit TYD daarvoor! Naweke is ook nie meer naweke nie – want dan moet als gedoen word waarvoor daar nie TYD in die week is nie!

En ek wil by my mense uitkom! My familie, my vriende en vriendinne, ‘n eensame ou tannie in ‘n ouetehuis, of ‘n invalkuiertjie maak by ‘n vriendin wie se babatjie al amper ‘n jaar oud is en ek die kind nog nooit eers gesien of in my arms vasgehou het nie! Dis die dinge waarvoor ek TYD wil hê, maar waarvoor daar nooit TYD is nie! Ja, mens kom eventually bymekaar uit, maar op afknyptydjies waar jy nooit regtig kan gaan sit, ‘n skouer bied of jou vriendin se hand vat en met onverdeelde aandag luister na haar probleme en bekommernisse of haar help om haar trane af te vee nie! As ek praat van TYD, praat ek van KWALITEIT TYD!

Dan vra ek myself telkemale af, is hierdie gejaag agter TYD aan regtig die moeite werd? Vir wie en vir wat doen ek dit! Want ons doen dit net, sonder om ‘n oomblik te pause en onsself af te vra waarheen is ek nou eintlik oppad? Is al die geld in die wêreld REGTIG genoeg om daardie omgee-tydjies te vervang? Julle sal weet wat ek probeer sê! Hoe lank probeer ek, Nella en Jo-Ann al bymekaar uitkom?

Goed, Jo-Ann sê Woensdag is grappie-dag op haar blog!  Toevallig is Woensdag vir my my persoonlike bederfdag! Die enigste dag in die week wat ek nie sal skuldig voel oor die Wimpy koffie of die sjokolade waarmee ek myself bederf nie. En ook nie skuldig voel as ek 10 minute langer in my skuimbad lê en net ontspan nie! Ja, Woensdae is MY bederf-dag en ek wil julle elkeen uitnooi om dit saam met my te vier!! NET OMDAT JY KAN! As jy nog nie ‘n bederfdag in jou week het nie – hier is jou kans! En moenie vir ‘n sekonde skuldig voel daaroor nie! Ons is elkeen geregtig op een dag uit sewe om aandag aan onsself en ons eie behoeftes te gee! Jy is natuurlik meer as welkom om met my te deel hoe jy beoog om jouself op BEDERF-DAG treat! Ek is honger vir nuwe idees!

Nou ja, hoop jou dag draai goed uit en dat die geluksfeëtjie vandag op jou skouers kom rus!

Liefdetjies : René xx

(PS. is ek vandag voor 12:00? What a bargain!!)

Kommentaar
  1. Hallo René!

    Ja, tyd is so kosbaar. En ja, mens kom nie by alles en almal uit wat jou aandag en liefde nodig het nie. Voor jy jou oë uitvee is jou kinders groot – soos myne – en het jy nog skaars gejol.

    Maar wag, vandag raak ek nie filisofies of ernstig nie. Ek is lus vir laf wees… My baas is laf vandag – hy is lus vir hard werk. Eina.

    Dankie vir die comments. En jammer ek kon nie langer praat nie, die baas was dringend op soek na iets. So gaan dit.

    Geniet die res van die dag! En ek sal myself beslis vandag bederf!

  2. Rounelle sê:

    Jinne julle twee is darem ook iets anders! En ek se dit met alle respek in die wereld! Ek het nie ‘n bederfdag nie en met alle eerlikheid kan ook nie een picture nie. Dit sal beteken ek moet afskakel en oi, dit sal katastrofies wees.

    Ek le nooit in ‘n skuimbad nie, ek stort dis vinniger en ek is waarskynlik haastig. Ek koop nie tydskrifte en blaai vir ure deur die artikels oor hoe om jou lewe en die wereld ‘n beter plek te maak nie. Ek google waarskynlik die mees sinoptiese en bondige antwoord wat ek kan vind op my vraag. Ek skryf nie poëtiese sinne met stringe byvoeglike naamwoorde nie, want ek het nodig om by die punt te kom en vinnig, want my gedagtes is reeds by die volgende persoon of opdrag (my gedagtes is altyd iewers, regardless).

    Ek floreer op adrenalien, spoed en pressure. I need to be on the brink of losing control but still having it at the same time. Seker maar ‘n ‘living on the edge’ ding. My geskiedenis onderwyser het altyd vir my gesê: ‘Juffrou, you love living dangerously hey?’ en my dan die look of death gegee wat saggies waarsku dat ek in my spore moet trap OF …

    Nou ja hier het ek, teenstrydig met dit wat ek sopas gese het, weer té lank vertoef. Got to go, have a good one people. Rene baie dankie vir gister se aanbod. Ek sal dit altyd in gedagte hou en saam my dra ingeval die wolke bokant my dreig om saam te pak. Hugs x

  3. Ai Nella-spoedkind! Ek reken dis seker hoekom ek so goed aard in Slaapstad! Ek like dit om terug te sit en die lewe uit ‘n hoek te “bestaar!” Rustig … en stukkie vir stukkie te ontleed!

    Ek verslind my TUIS en ditIdees maandeliks, omdat dit my toelaat om na ander se huise/omstandighede/idees/drome te ontsnap! Maar ek maak altwee boeke toe sonder om te begeer, want ek tel my seëninge vroeg soggens as ek sien hoe die wêreld op sy eie tyd ontwaak en ek besef ek het baie meer as wat ek verdien!

    So het ons mos maar almal ons maniertjies né! En dis juis wat die lewe so ryk en interessant maak! O wee, as ons darem almal dieselfde moes wees! What a crazy world we would live in!!!

    Drukkie vir julle!

  4. BB sê:

    Ek sukkel ook met daai een – te min tyd… en tussen jou en Rounelle en Jo-Ann sukkel ek om verantwoording te doen oor my (werks)tyd. Maar meesal word ek so gefeed deur julle dat die res van my dag – of die tyd tussen-in gladnie meer so erg lyk as wat ek gedink het die dag sal wees nie. Ek weet ek sal nog eendag op ‘n gepaste wyse my dankie vir julle elkeen kan sê hiervoor! Intussen – install maar gerus ABS en briek soms aspris, vriendin.
    “Don’t say you don’t have enough time. You have exactly the same number of hours per day that were given to Helen Keller, Pasteur, Michaelangelo, Mother Teresa, Leonardo da Vinci and Albert Einstein.”
    BBx

  5. Tobie sê:

    baie interesant sal elke dag kom inloer
    Groetnis
    Johan Vlok

  6. Jo-Ann sê:

    Hi! Ons wat daar in die Woestyn grootgeword het, het stadiger geleef want ons het meer ure gehad. Ons het mos nie in die verkeer gesit nie. Daar gaan die mense nog huis toe vir middagete. Maar BB sê ‘n waar ding. Laat ek maak soos Einstein en besig raak. Wat dink julle van Freaky Friday’s? Is daar genoeg spookstories en “urban legends”? Later….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s