…mense…

Posted: Februarie 20, 2007 in Uncategorized

Mense fasineer my VERSKRIKLIK!

Nou die dag sit ek in die haarsalon – my maandelikse “treat” – en terwyl ek sit en wag terwyl die haarkleursel my premature grys-haartjies toekleur – kom daar so nou en dan ‘n interessante tannie in! En sowaar as vet, die eerste ding wat hulle doen wanneer hul daar instap, is ironies genoeg om ‘n spieël te soek! Kan jy nou glo? En onmiddellik word die hare reggehark met die vingers … hoekom verstaan ek nou nog nie! Jy kom kan haarkapper toe om jou hare te sny of te stilleer, hoekom sal jy nou worry oor hoe jy lyk as jy daar instap! Omdat ek my haarkapster van Malmesbury af Durbanville toe agtervolg het, is dit vir my baie lekker om my afspraak vroeg-oggend te maak en dan het ek nog ‘n hele dag wat voorlê wat ek met my nuwe hair-do in Tygervallei kan gaan spog! Ek was my hare die oggend en ry sommer net so met die nat hare tot by haar, net reg om te gaan sit en bederf te word. Geen moeite vir niemand nie – en veral nie vir my wat afhanklik is van my haardroër danksy my natuurlike en weerbarstige krullebos nie! Dis elke oggend ten minste ‘n 20 minute ritueel om die krulle uit te blow-dry, so daardie een oggend in ‘n maand wat ek dit NIE hoef te doen nie, is in opsigself ‘n groter treat as die haarkapster bederf. Hoekom sal ek worry hoe ek lyk as ek daar instap?

Nietemin, terug by die dames in die haarsalon! Buiten dat hulle worry oor hoe hul hare lyk as hul instap – voel hul almal verplig om met die haarkapster te gesels en die haarkapster met haar kliënte? Dis seker die hoofrede hoekom ek agter my haarkapster aan getrek het – omdat sy nie die heeltyd in my ore klets nie! Sy is heel rustig, vra die nodige vrae en doen dan waarvoor sy betaal word!

Ek kyk gisteraand op Kwêla het hulle ‘n onderhoud met ‘n haarkapster wie se naam ek nou helemal vergeet het – hulle vra haar toe of sy met haar kliënte gesels omdat sy regtig belangstel in haar kliënte, en of dit is omdat sy verplig voel! Sy het die vraag baie mooi beantwoord dat sy regtig belangstel, want as sy haar kliënte ken, kan sy hulle behoeftes en persoonlikheid beter verstaan! Ek het nogal begrip daarvoor, maar ek gaan nie na my haarkapster toe om my lief en leed met haar te bespreek nie, ek bespreek dit met my vriendinne!

Het julle al gesien hoe kan haarkapsters SKINDER!? Ek was eenkeer in ‘n haarsalon waar ‘n dame haar hare laat doen het, en toe sy haar voete buite die deur sit, begin die haarkapsters lostrek en beskinder daardie arme mens dat die see haar nie kan skoon was nie!! Vir almal om aan te hoor! Ek het in my hele lewe nog nooit so-iets gehoor nie! Ek het my so geskaam vir hulle part, en net daar besluit ek sal my voete nooit weer in daardie salon sit nie – en het ook nie!!

Ek glo egter streng daarin dat MANS baie meer in ‘n spieël kyk as vrouens! Die slim-nuuskieriges het blykbaar eendag ‘n studie daaroor gedoen en ‘n groot spieël in ‘n hotel se portaal gesit! Agter die spieël was ‘n kamera versteek en volgens daardie opname, het 80% van die mans voor die spieël gaan staan en na hulself gekyk, waar omtrent net 40% van die vroue in die rigting van die spieël gekyk het! Ja julle – ek kon dit ook nie glo nie! Gelukkig het hulle daardie studie nie in Malmesbury se koöperasie gedoen nie – want die boeremanne wat daar ingaan, gee nie ‘n flerrie om hoe hulle in hul plaasklere lyk nie – die boeretannies sou verseker gestop en gekyk het, want hulle sal wil sien of daar iewers plaasstof op hul klere is! Hang seker maar af WAAR jy jou studie doen né! My haarkapster vriendin noem nou die dag net so toevallig dat mans baie meer vol nonsens is met hul hare as vrouens! Nogal interessant né?

My blog se inhoud is vandag sommer bietjie oppervlakkig – maar dis seker die idee agter “my blog”! Hier maak ek mos soos ek smaak! Lekker né?

Dis my 2c vir die dag – hoop die voorspoed verveel jou vandag in oorvloed!

Liefdetjies : René ♥

Kommentaar
  1. Rounelle sê:

    Lekker los en lig – just what the doctor ordered!

    Oor hare in die algemeen: Ek is baie gesteld op my hare (al verklap die styl nou nie juis daardie geheim nie). Ek haat wind in my hare en moenie waag om daaraan te vat nie, my reflekse is baie vinnig en ek kan nie vir bodily harm verantwoordelik gehou word nie.

    Oor die ouens met die skêre: Ek is nie ‘n prater nie. So besides die feit dat hulle skoon, vaardig en professioneel moet wees, moet hulle die minimum met my gesels. Hello, knip, he ‘n lekker dag, cheers. Dit werk vir my.

    Spieels: Ek pleit skuldig. Nie oor ek myself bewonder nie maar juis oor ek soveel het om my oorte bekommer. Dieselfde geld vir my refleksie in winkelvensters. My opkyk daarin is so tweede natuur soos asemhaal. Ek worry áltyd hoe ek lyk – juis omdat ek nooit lyk nie. Go figure.

    Ek sit ‘n leë blikkie in die woestynsand … bring jou 2 sente saam! Mwah! Ek waardeer jou. x

  2. Nella – as jy nie wil hoor van vol nonsens met hare – ai suster, kan jou boekdele vertel! Hoekom dink jy ry ek Durbanville toe vir ‘n haarsny? Ek trust NIEMAND met hierdie kapsel nie!!!

    Jy moet regtig nie so hard wees op jouself nie! Jy is vir my so ‘n pragtige mens en daar is soveel mooi binne en buite jou! Ja ja, ek weet my opinie gaan nie die universe verskuif in jou eie kop nie! Solank jy net weet as jy vanaand of môre-oggend of whenever in die spieël kyk, vir jouself lyk jy nie juis nie – maar vir MY, IS JY BEAUTIFULL! Mens het nie ‘n “ontmoeting” nodig om dit te sien nie! In elk geval kan mens nie jou looks Hemel toe vat eendag nie, want daar gaan ons almal “equal” wees – so why bother – just be the best person you can be, you owe it to yourself and your Creator!

    Nog 2c in jou blikkie – teen die tempo het ons een van die dae genoeg geld om ‘n trippie Namib toe te maak saam met Jo-Ann!

    Liefde…R xx

  3. h0ney sê:

    In that case can I put my 2c as well…..

    Rounelle I have to agree with Rene. You are beautiful in every sense of the word!! I think when you meet someone on the internet youget to know the real person and not base any perception on what you see. You have a stunning heart and you’re very attractive. Next time you look in the mirror look through my eyes.

    Rene, Wow….hairdressers. I hate them. They never understand the word trim and they always think that because my hair is straightish when it is wet that it will stay that way when it is dry. Big mistake. It takes me about 45 mins to dry my hair with a hairdryer and another 45 mins with the straightener. My hair is very long and they always want to cut it short!! I LIKE long hair. Anyway….you holf on to your hairdresser….good ones are hard to come by!!

    have a good evening!!

  4. Jo-Ann sê:

    Hallo! Ek het so hard vir my blokrolletjie gesoek dat ek nou eers vir jou lees. En ek het dit nog nie gekry nie. En ek smile want dit is my sentimente ook. Mors met my hare en jy mors met my. En daardie haarkapsters wat reken jou langer hare pas jou nie en dit moet kort wees kan jy my niks vertel nie. En ja, baie kan lekker skinder. As jy weer in DieVille kom hare sny, moet jy my asb laat weet – veral in die week. So gou soos nou drink ons saam koffie by die Vallei. Ek werk binne gooi afstand van daar af. Lekker aand! J

  5. Hallo Michelle (Heuningbytjie), great om jou comment ook vandag hier te lees! Het ons span nou vir jou Saterdag ‘n barshou gespeel ou girl – ek het SOOO baie aan jou gedink!!

    Ek is bly my haartjies vat nie so lank soos joune nie – maar jy het die voordeel van ponytails maak wat ek nie het nie! So “bummer” vir my – as ek ‘n bad hairday het, het ek ‘n REALLY BAD HAIRDAY!!

    Jo-Ann, hoop die blogrolletjie is nou reg, ek sal netnou gaan inloer!

    My nuwe post sal seker eers saam met SH s’n so 12h se kant op wees – so moenie moed verloor nie – I’LL BE BACK!!!

    Luv ya all!
    R

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s