…ai ai, die liefde…

Posted: Februarie 14, 2007 in Uncategorized

Ek het gemengde gevoelens oor Valentynsdag – ek weet nie of ek dit moet deel en maar eerder vir myself hou nie! Nietemin – my man het my darem vanoggend met ‘n bos pragtige blomme verras en volgens hom nie omdat dit Valentynsdag is nie, maar omdat hy vir my blomme MAG gee! Hy was nog nooit in die amper 10 jaar wat ons mekaar ken, juis ‘n Valentynsdag-man nie, en bederf my dwarsdeur die jaar op dae wat ek dit die minste verwag. En eintlik verkies ek dit so! Dit hou my darem so bietjie op my tone ook!

Valentynsdag is eintlik vir my ‘n sad dag – juis agv al die mense wat NIE liefde ontvang dwarsdeur die jaar nie – wat nog te praat van net een dag van 365 dae! Die ewige romantikus in my wil nie op Valentynsdag blom nie – uit rebelie teen liefdeloosheid in huise waar klein kindertjies moet toekyk hoe ouers op mekaar skree en mekaar verneder. Huise waar vrouens/mans wegkwyn omdat hul lewensmaat nie die nodige respek en liefde toon teenoor hom/haar nie, maar waar smeek en skree nie meer help nie en hul eerder groener weivelde iewers anders gaan soek.  Huise waar “grootmens-kinders” nie meer tyd vir hul bejaarde ouers in ouetehuise het en net gou vinnig inloer of ‘n oproep maak om te hoor of als darem nog OK is nie – of net te sê “ons is nog lief vir julle” nie! Ek kan heeldag aangaan hiermee…maar julle weet waarop ek sinspeel! Sulke goed maak my KWAAD, maar dit maak my ook hartseer! En die wêreld kies om dit te ignoreer! Ek kan nie…

Ek kry gister die e-possie, julle het dit seker ook gesien, maar ek plaas dit nietemin hier vir die wat dit dalk gemis het.

Mense is dikwels
onredelik en selfgesentreerd
Vergewe hulle, in elk geval

As jy goedhartig is
mense jou beskuldig van bymotiewe
Wees goedhartig, in elk geval.

As jy eerlik is
mag mense jou oneerlik behandel.
Wees eerlik, in elk geval

As jy gelukkig is, is mense jaloers
Wees gelukkig, in elk geval

Vandag se goed doen is more vergete
Doen goed, in elk geval

Gee die wêreld die beste wat jy het
en dit mag nooit genoeg wees nie.
Gee jou beste, in elk geval.

Want weet jy, op die ou end is dit tussen jou en God
Dit was nooit tussen jou en hulle nie
IN ELK GEVAL

 Mag dit IN ELK GEVAL vir jou ‘n lekker dag wees vandag!

Liefdetjies … René xx

Kyk julle – ek kan ‘n prentjie insit!!! (wordpress-les 101)

Fishbowl

Kommentaar
  1. Rounelle sê:

    Hey hou van die nuwe voorkoms – easy on the eye. En dit pas by jou kind van die lig – in skrille kontras met my lol! But opposites attract of hoe?

    Dis blogs soos joune wat my laat skaam kry oor my eie. Regtig, en ek bedoel dit as ‘n kompliment vir jou. Jy is een van daardie te-goed-om-waar-te-wees mense ek sweer. As ek jou nie terug getrace het na ons kinderdae toe nie sou ek nie geglo het jy bestaan regtig nie Rene.

    Hoe doen jy dit huh? Of anders gestel, waar doen ek dit verkeerd? Jou compassion met mense, jou opregte liefde, deernis en belangstelling in ander se behoeftes en omstandighede .. dis wow. As ek die eer van jou vriendskap oor nog 30 jaar mag hê sal ek seker een van die rykste mense op aarde wees. Jy en ‘n paar ander … wat ‘n voorreg.

    Ek wens jou al die liefde in die wêreld toe my mater. Jy verdien elke korreltjie geluk wat jou toekom net omdat jy dit so vryelik en onselfsugtig aan ander uitdeel.

    Baie liefde. Mwah x

  2. Dankie Nella, ek het nie woorde vir jou nie…!!

    Believe you me .. hierdie sonkind het ook ‘n “dark-side”, which I prefer not to show to the world – it could get ugly!! Maar die donkerkant van ‘n mens is nie noodwendig die slegste kant nie – so moet asseblief nie so hard op jouself wees nie! Ons is almal kinders van die Lig – wat in opsig self ‘n GROOT verantwoordelikheid is. Jy hoef dus nooit skaam te wees vir wie jy is nie, want jy is uniek en daar is baie mense wat jou uniekheid waardeer en jou juis daarom liefhet!

    “Sit biki blush opjo wang, trek blommeki panti an & smeer jo lippe lekka pink! Tease en jel jou hare stokstyf en lag met ‘n oop bek!!!”

    Lief jou tonne!
    R xx

  3. Hallo René,

    Jou blog lyk helder en “crispy” – mooi! En soos altyd het ek weer lekker gelees en vat ek vir my ‘n onthou stukkie uit dit wat jy sê.

    Dit raak nou tyd dat ons KaapBloggers bymekaar kom en ‘n paar koppies koffies saam opdrink.

    Geniet jou dag!

    Jo-Ann

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s