…wegkruipertjie…

Posted: Februarie 13, 2007 in Uncategorized

Is julle nie ook moeg vir hierdie elke dag se gejaag na NIKS! Jy spring soos ‘n mal hoeder soggens vroeg uit die bed, hardloop deur ‘n stort en verbrand jou vas-aan-die-slaap-lyf met die yskoue water omdat jy te haastig is om te wag dat die water warm word! Dan is dit hare (en as jy so baie soos ek het – vat dit nogal ‘n tydjie), gesig inkleur, aantrek, gou vinnig ietsie gryp om oppad werk toe te eet en daar gaat jy! By die werk aangekom is dit ‘n gejaag van die een meeting na die ander, ‘n gejaag om al die agterstallige werk ingehaal te kry, ‘n gejaag om aan al die telefoonoproepe se vereistes te voldoen en ‘n gejaag om by 5h uit te kom! En moenie dink die gejaag stop as jy by die kantoor uitstap nie! Nee nee nee, dan is dit nog groceries gaan koop en by die huis gekom staan manlief, jou hond, jou papegaai (wat ek genadiglik nie ook nog het nie), jou visse in die visdam – almal – staan en kyk met honger ogies vir jou in afwagting vir hul kos en so bietjie aandag en TLC. Voor jy jou kan kry is dit 10:30 en jy het nog nie kans gehad om jou toonnaels wat al drie weke terug skree vir ‘n pedicure, te verf nie, jou hakke is grof, jou hare is vaal en jou ooghare staan bossies – jy weet jy sal jouself baie moeite spaar as jy eerder ‘n besoek aan jou Skoonheidsalon iewers kan inruim – maar WAAR EN WANNEER EN HOE? Moedeloos en doodmoeg sak jy op die bed neer en nog ‘n dag is in sy kanon!

Hehe, gelukkig gaan dit darem nie SO erg met my nie – maar partydae wil ek net daardie duvet oor my kop trek as die wekker in my ore begin gil! En ek wil net so nou en dan opkom vir vars asem! Maar nie te veel nie, want netnou sien iemand ek is wakker!! Ek wil nie kos sien nie, nie ‘n telefoon hoor lui nie, nie een keer hoor iemand vra “wat eet ons” nie en ek wil doen wat EK wil doen! Net omdat ek kan! Julle hoef nie bekommerd te wees nie – ek is nie op die randjie van depressie nie – ek wil net in vrede gelos word vir ‘n rukkie en nie voel daar is iets wat ek MOET doen nie – is dit te veel gevra as ek net wegkruipertjie met myself wil speel vir net een daggie?! Dit voel amper of ek hunker na studentevryheid! Studente doen wat hulle wil, wanneer hulle wil en saam met wie hulle wil, net OMDAT HULLE WIL!! Klink dit nie idillies nie?

Maar voor ek julle in ‘n depressie praat! Noudat ek dit van my hart kon afkry wil ek sommer met die volgende stukkie afsluit! Thanx Nandi vir die stukkie lag in my dag! Ek het dit verskriklik geniet!

Kostelike misverstand

Die paartjie is gereed om die aand uit te gaan – opgedollie, reg om te gaan; die ligte brand, die hond is buite gesit. Net toe die taxi opdaag en hulle by die deur uitgaan, hardloop die hond weer in.  Hy weier om uit te kom, en hulle wil hom nie binne los nie.

Die man gaan toe by die huis in, teen die trap op, terwyl sy vrou in die taxi op hom wag.  Omdat sy nie wil hê die taxidrywer moet weet die huis is leeg nie, verduidelik sy aan hom dat haar man “net gou haar moeder gaan groet het”.  ‘n Rukkie later daag die man op en klim ook in die taxi.  “Jammer dat ek so lank getalm het”, sê hy.

“Die onnosele teef het onder die bed gaan lê en ek moes haar met ‘n besemstok por om uit te kom.  Toe moes ek haar in ‘n kombers toedraai om te keer dat sy my nie byt nie.  Ek het haar teen die trap afgesleep en haar in die agterplaas gegooi.  Sy beter nie weer in die groentetuin skyt nie”.

Die stilte in die taxi was oorverdowend.

Mag jy vandag voel jy HOEF niks te doen nie – en net doen wat jy WIL doen omdat jy KAN!

“Fight the good fight!!”

 René xx

Kommentaar
  1. Nandi sê:

    Hi Renè

    Plesier oor die stukkie lag.

    Ken ek nie die gevoel van duvet oor die kop trek en net te verdwyn in my eie klein wêreldjie.

    As ek volgende week met verlof is, gaan ek beslis al my maaikies en jou en Steve se blok mis. Maar mens het die breuk net nodig om net weg te kom van alles en almal. Van telefone, van base wat in jou nek blaas …

    Mooi dag vir jou!

    Luvvies

    Nandi

  2. Rounelle sê:

    Hello René

    Game on – ek speel saam! My tyd is eenvoudig te min en ek kom nie naby alles wat ek het om te doen nie, en ek het nie eers ‘n man en kinders nie. Go figure.

    Dis ‘n luxury om vinnig hier hello te sê voor ek weer voortgaan met werk. Vandag is een van daardie dae waar ek die gevoel kry ek behoort iewers anders te wees, dalk selfs ‘n ander werk?

    Van voorkoms praat ek nie eers nie. My heupe stap al langs my en van agter af lyk dit soos twee katte wat in ‘n sak baklei as ek loop. Ek gym my malle verstand af maar tevergeefs. Waar’s daai duvet wat so belowend klink … ek is onder hom met ‘n do not disturb bordjie as iemand my soek lol.

    Lekker dag vir jou. Dankie vir jou sonskyn soos altyd! Dit help meer as wat jy besef. Mis jou flippen baie en hoop om oor ‘n week meer in beheer van myself en my omstandighede te wees. Dankie vir jou geduld met my. Lief jou!

    X

  3. Jy weet net hoe om dinge te sê dat ek sommer lus voel om die duvet met ‘n groot swaai van my lyf te gooi en die wêreld vierkant in die oë te kyk en te sê “hier is ek”!

    Lekker dag!

    Jo-Ann

  4. Da Mario sê:

    Gelukkig kyk ek darem nie in my vrou se ogies en vra wat eet ons nie. Dit sal te lank vat. Maar die do-not-disturb-idee klink lekker. Selfs op dae wat ek af is word ek vertel wat om te doen… *sug*
    Julle girls het dit nogal easy.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s