“inspirasie”

Posted: Februarie 7, 2007 in Uncategorized

Is dit nie vir jou ook vreemd hoe maklik ‘n mens die klein dingetjies in die lewe as vanselfsprekend aanvaar en heel happy met jou lewe aangaan, tot eendag sommer heel uit die bloute op ‘n mooi somersdag, jy ‘n boek/tydskrif lees, ietsie op die radio hoor, met iemand ‘n gesprek voer of iemand se lewensverhaal hoor – en jy kaplaks weer teruggeruk word aarde toe! Om op te staan in die oggend, te gaan stort, reg te maak vir werk, borsel jou tande, gryp gou ietsie vir ontbyt en daar gaat jy, klim in jou kar, dalk nog sing-sing werk toe en daar gekom klim jy maklik uit en begin met jou dagtakies. Geen moeite – so maklik soos asemhaal! Maar te maklik vergeet mens daar is mense vir wie dit nie so maklik is nie!

Ek het gister my “terugruk” gekry – het ‘n Loslitdag Show & Tell ontbyt bygewoon waar hul terugvoering gee van hoeveel geld ingekom het tydens 2006-Loslitdag en wat volgende jaar se tema is ens. Ek weet nie of jy al van Tracy Todd gehoor het nie, maar sy was die gasspreker – en wat ‘n fenominale, inspirerende vrou is sy nie! Sy was 8 jaar gelede in ‘n motorongeluk waarin sy verlam is van haar nek ondertoe. Sy kan slegs haar skouers bietjie optrek en haar kop links en regs draai, en daartoe is haar beweging beperk! En om te sien hoe hierdie vrou die pad gestap het as iemand wat haar lewe lank ‘n adrenalien-junky was, na iemand wat NIKS vir haarself kan doen nie – het my hart diep geraak! Om te dink jy kan nie eers jou neus krap as dit jeuk of jou eie trane afvee as jy hartseer is nie! Sy kan nie haar agtjarige seuntjie vashou en vir hom liefde gee nie. Sy kan hom nie optel as hy geval het nie! Ag, ek kan vir ewig aangaan!

Sy vertel onder andere van die een insident wat sy met haar seuntjie gehad het toe hy drie jaar oud was en sy op ‘n uiterste “low” was in haar lewe. Hy het hard geval en altwee sy knieë was stukkend en het gebloei, maar sy kon niks doen om hom te help nie. Toe sê sy vir hom hy moet dit self reg soen. Toe soen hy deur die trane sy eie knieë gesond en spring op en speel verder! Dit was vir haar ‘n groot “eye-opener”, want as daardie driejarige seuntjie van haar kan val en weer opstaan, dan kan sy dit ook mos doen!

Ag, dis seker nie eers nodig om te noem dat die uwe se traan-kraantjies teen daardie tyd al ordentlik oopgedraai is nie! Ek huil mos oor klein voëltjies wat doodgaan en kinders wat hul groottone stukkend stamp – so daar was geen keer aan my nie. Ek het nie gehuil oor haar swaarkry nie, maar oor die feit dat sy soveel swaar deur is en weer anderkant uitgekom het! En hier sit ek en kla as ek warm kry, of as ek ‘n effense hoofpyn het of nie lus is om kos te maak nie! Hoe ondankbaar wil mens nou wees?

Om af te sluit – wil ek die volgende woorde van Tracy met jul deel.  Why walk when you can soar! Dis haar motto in die lewe! En sy gee die volgende “tips” hoe mens kan “soar”. Ek deel dit graag elke dag so vyf punte met julle!

  • As you awaken each morning, say a little prayer for strength to face and cope with anything that may come your way that day.
  • Make a conscious decision to put a smile on your face and to be positive in all that you do.
  • No matter how bad you are feeling, you should get up each morning and dress to kill.  If you look good, you feel good.
  • Speak your mind, share your opinions and have your say – everyone has a right to “verbal independence”.
  • Allow your natural caring, maternal/paternal instincts to influence your thoughts, attitudes and decisions especially at work and in your daily life.

Mag dit vir jou ‘n fantastiese dag wees en jou hart oorloop van dankbaarheid – vir die klein dingetjies in die lewe – en vir die voorreg om vandag hierdie boodskap te kan lees!

Lief julle almal!!

René xx

Kommentaar
  1. Hallo!

    Nou weet ek hoekom jy so stil was; maar jy kom terug met ‘n goeie stukkie. Dit is kragtig. Dit is goed wat ek al voorheen gehoor het en net vergeet het. Dankie dat jy my weer kom herinner het daaraan.

    Ja, ons moet net elke keer as ons ontevrede is met wat ons het, om ons rondkyk en stilstaan by die besef van hoe geseënd ons eintlik is. Ek gaan daardie vyf punte uitdruk en teen my kantoormuur opsit – en leer ken en toepas soos die “vyf gebooie”. En definitief gebod no 4.

    Have Fun!

  2. h0ney sê:

    Ai Rene,

    Wat ‘n voorreg om deur jou oe die goed te sien en hoor. Baie dankie dat jy met ons(my) deel. Mens vergeet tog so maklik. Ek het na jou besem manager my lewe so probeer verander en wragtig hier kom jy vandag met nog ‘n stukkie leesstof wat my laat tjank en net weer bevestig hoe gelukkig ek is.

    Dankie dat jy my baie vinnig weer in die regte rigting kan stuur en nou het ek net nog rede om net die beste te wees wqat ek kan wees. Om dankbaar te wees maar tog ook trots te wees.

    Ag ek weet nie of die woordjies regtig sin maak nie en of dit eers verduidelik wat ek regtig wil se nie. Ek sal maar net weer se dankie. Dis so groot voorreg om jou te ken en daarvoor se ek ook duisend dankies.

    Ek gaan van vandag af begin ‘soar’

    Weereens…..baie dankie

    mwah & hugs

    M

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s