Welkom.Besem “manager”!

Posted: Januarie 30, 2007 in Uncategorized

My blog skop dalk nie op so ‘n positiewe noot af soos ek graag sou wou hê nie, maar vandag is nie ‘n goeie dag vir my nie en ‘n dag wat ek my hart wil toelaat om bietjie “sad” te wees. Dankie Jo-Ann vir hierdie woorde, ek hoop nie jy gee om dat ek jou aanhaal nie!  “Huil was die siel.  Dit is gesond vir jou.  Dit was gif uit wat deur ander mense op jou siel gestrooi is.  Dit was stof af wat eensaamheid laat neersif het.  Dit maak alles nuut sodat nuwe môres kan ontwaak en jou siel kan groei.  En elke seerkry is ‘n boublokkie om van jou ‘n sterker mens te maak.”

Aangename kennis aan nuwelinge, ek is René Boshoff! Die van julle wat my ken, welkom UITEINDELIK op my blog, en in my eerste REGTE post, wil ek die volgende baie spesiale boodskap met julle deel! Geniet dit – en hou hierdie blog dop, hier gaan nog groot dinge gebeur!

Besem “Manager”

Alleen hy wat die onsienlike sien, kan die onmoontlike doen.  Mense is eensaam omdat hulle mure bou in plaas van brue. Ek kom vanoggend so 7-15vm by die werk en sluit die werkswinkel oop en dank God vir die werkswinkel, gesondheid en omdat ek Sy vrede en vreugde ervaar. Die eerste kliënt kom vinnig nader en klim uit sy motor met ‘n koppie Wimpy koffie in sy hand en kla dis nie meer die koffie van ouds nie. ‘n Ander persoon wat ek ken kom van die slaghuis af opgestap met ‘n pakkie vleis en al kouende aan sy biltong grom groet hy so asof dit ‘n stryd is om te lewe.Ek besluit vandag wil ek luister en ek het goed geluister – nou is dit 6-00nm en ek wil jou vertel wat ek vandag gesien en ervaar het – ouens met baie geld kla oor pryse is te hoog, die biltong man sê daar is amper geen vleis op die rakke nie – die ander ou kla oor ou brood en ‘n ander oor ‘n koue hamburger.My suster vra my nou net om ‘n CD te toets en kom agter haar CD speler sal moet skoongemaak word en in Knysna vra hulle R80-00 – nee, sy kan dit nie doen nie want sy het nie geld nie.

Ek vertel jou kortliks wat ek vanoggend gesien en ervaar het.Die mense kla en kla en ek wens hierdie klakouse met wie ek net vandag te doen gehad het kon sien en ervaar wat ek vroeg oggend gesien het – ek wonder waaroor hulle dan sou kla – die een ou kla nog sy hamburger is koud en hy voel lus en gaan druk dit in Steers se bestuurder se ……….. op.

Ek wil iets sê maar my oog vang iemand wat by die slaghuis se asblikke instap, ‘n maer en baie ou kleurling, die afval van die slaghuis lê nou al en gis van Vrydag af en dit het ‘n taamlike reuk. Die baie ou kleurling krap tussen die sakke en ek hou hom dop want vandag wil ek sien hoe hy te werk gaan en wat hy besig is om te doen.Hy tel iets op, hy ruik daaraan en vat ‘n groot hap en sluk dit sonder om te kou – toe hy die tweede hap vat voel dit vir my ek wil opgooi – ek sluk aan my naarheid en stap na hom – more ou man, sê my, wat is jou naam – my naam is Abraham my lanie – nou wat doen jy so vroeg hier tussen die ou vrot goed ou Abraham – ek is honger my lanie – maar ou Abraham, die goed is vrot – ek weet my lanie maar die Jere het nog nie vandag vir my afgegooi nie, maskien Hy is kwaad vir my .

Ou Abraham, hoekom vra jy nie vir geld as jy iets wil koop om te eet nie . Ek het my lanie maar daardie man, en hy wys na die biltong eter, hy het my amper netnou gaslaan, hy sê ek moet voetsek – ou Abraham vee oor sy mondhoeke om dit te probeer skoon kry.Ek bekyk ou Abraham en wonder hoe oud is hy. Hoe oud is jy Abraham – 78 my lanie – waar bly jy Abraham – daar bo teen die berg (dis 8Km) – en jou mense ou Abraham ?? Net my vrou bly by my mar sy bene kan nie meer werk nie nou kan sy nie uit die huis nie – kry jy oumens pension Abraham – nee my lanie nog nie maar Mandela sal nog plan maak so ek wag maar vir hom – Abraham se broek is nie meer ‘n broek nie – sy skoene het nie sole nie – iets aan sy lyf wat dalk lank terug ‘n hemp kon gewees het – Ek vra in my binneste – Here, wat nou, maar ek kry geen antwoord nie, ek hoor niks.Ou Abraham, ek dink regtig nie die Here het van jou vergeet nie – ja my lanie – die ou oë is glasig en dof, sy kop hang al vooroor soos hy jare lank al probeer om naby hom te sien – die vullis wa trek in om die vullis te verwyder en die manne verskreeu ou Abraham.

Waarnatoe gaan jy nou ou Abraham – ek gaan brood soek om huis toe te vat my lanie – ek het klaar ‘n kannetjie vir die water. Ou Abraham het ‘n glimlag om sy geplooide mond – as my lanie wil kan ek ‘n besem bestuur en die plek mooi skoon vee (ek dink by myself, “is dit nou U wat deur Abraham praat”) Ou Abraham, is jy seker jy het ‘n liksens om die besem te bestuur – ja my lanie, my vrou het dit vir my gagee toe sy bene siek geword het – is goed so Abraham, die mense jaag jou oral maar vandag het die Here jou ‘n groot werk gegee – jy is van vandag af die general manager van die besems, jy is die baas van die besems, hierdie besems gaan vir jou koffie gee in die plek van water, ‘n manager moet ook mooi skoon aantrek en ‘n geldjie hê vir die ou vrou by die huis, ek sien jy is ‘n man wat ons nog baie in die toekoms kan leer oor die lewe ou Abraham – moet ek elke dag inkom my lanie – ja Abraham want Vrydae moet jy ‘n lekker Wimpy ontbyt eet maar besem managers werk net van 8 – 11 want besem managers het tyd nodig vir hulle siek vrouens – is reg so my lanie, ek sien nou die Jere het ‘n ander plan gahad vadag en ampor dink ek Hy het my en die ou vrou vageet, jammer Jere omdat ou Abraham nie reg vastaan het nie.

Ek is die Here my God so dankbaar vir iemand wat nie oor biltong kla nie, iemand wat nie oor leë rakke in die vleismark kla nie, iemand wat oor koue hamburgers en koffie kla nie. Ek is my Vader so dankbaar dat Hy ou Abraham nie vergeet het nie.

Doen my, jouself en ander ‘n guns – probeer net een dag niks kla nie want ou Abraham was vandag vir my so ‘n groot inspirasie terwyl hy ou bloed uit sy mondhoeke gevee het maar nog steeds glimlag die 78 jarige half blinde man met toiings aan sy lyf. En ek sê met trots – vandag het ek ‘n waardige, my beste ooit, besem bestuurder gekry, jy moet dit sien om te glo, hy vee bo oor die vuilis en sien dit nie raak nie maar vee, vee hy – die Here is vir ons so goed en as ek voel dit druk kyk ek na my besem bestuurder ek weet – ek het niks om oor te kla nie. 

“Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop”

Dankie tot môre…

René xx🙂

Kommentaar
  1. Honey sê:

    Hi Rene,

    Just wanted to say stunning blog. Love the colours. Hope you enjoy every minute of blogging.

    I am actually sitting here wiping the tears away. Today I am truly humbled. You have opened my eyes to something new today. It seems I learn a new life lesson every day since I met you mad bunch. I don’t have the words to explain what ths has meant to me. I will go through today without complaining about a single thing. Not deciding what to cook for supper. Not that the kettle is taking too long to boil. Not that my duvet is falling off the bed. Not that my clothes aren’t Washed and ironed yet.

    Thank you, for opening my eyes. I so wish that I could have a ‘broom manager’ in my life.

    All the best.

    God Bless
    Michelle

  2. Hi Michelle – toe ek hierdie stukkie edit dink ek so by myself, as ek vandag net EEN persoon kan raak met hierdie storie, sou my dag perfek uitdraai! En so werklikwaar – daar gebeur dit! Thanx daarvoor – die son skyn weer in my hartjie!

  3. Nandi sê:

    Hi Renè

    Geluk met jou blok. Ek dink dit is great!!!

    Luvvies

    Nandi

  4. Rounelle sê:

    Ja René Boshoff, ek kan nie eers sê jy is ‘n antwoord op gebed nie. Jy is met ‘n doel op my pad gestuur – daarvan word ek elke dag al meer bewus.

    Ek is seker hierdie gaan een van my gunsteling uithangplekke word. Geniet elke oomblik van hierdie lekker maar soms moeilik blog-journey! En dankie dat jy bereid is om soveel van jouself met ons te deel.

    Sterkte met die res van jou seer-dag. As hy nie beter word nie, haal dit uit op my gmail adres ok? Jy weet ek is hier – altyd. Lief jou tonne. x

  5. Ja vriendin Nella, hier gaan ons nog ‘n hond uit ‘n bos kuier! Ek het met die eerste post al gesien – hier kom ‘n uitdaging en ‘n half! Maar ek is nie bang nie!

    Thanx Nands – ek waardeer jou mooi woorde!

  6. Jo-Ann Schou sê:

    Hallo René,

    Ek kyk na my bankbalans en ek sug. Ek kyk na my heupmaat en ek frons. Ek staan by ‘n wasbak en mor oor die lui mans in my huis. En ek lees van Abraham en ek huil omdat ek nie die groot plan altyd reg vastaan nie en so maklik ontevrede is. Dit is so dat die blog gekom het om te bly en dat ons baie by mekaar leer. Dankie dat jou stukkie my weer vandag op my knieë druk om dankie te sê en op te hou kla!

    Mooi dag!

    Jo-Ann

  7. Nandi sê:

    Ek het Abraham geprint en dit nou weer rustig gaan sit en lees. En was ook weer ‘n slag teen die grond op my kniëe. Ek het vanaand brood om te eet. Ek hoef nie ou rot vleis se bloed van my mond af te vee nie. Ek het weer leer dankie sê …

    N

  8. BB sê:

    Well done, girlfriend! Vir eens is BB bietjie stil… I’ll leave with you these beautiful words by Henry Kendall (een van my alltime fav poets):
    ~There~ tread gently – gently, pilgrim;
    ~there~ with thoughtful eyes look round;
    Cross thy breast and bless the silence:
    lo, the place is holy ground!

  9. Vaalseun sê:

    Hi Meisiekind

    Klink of jy ‘n taamlike opwindende naweek geniet het in die Kaap van Storms! Ek is so bly dat sommer baie beter voel en dat die seewind die keer nie heimwee bring nie (ou liedjie) maar eerder van die dinge wat pla uitgewaai het. Hoop jy sal voortdurend ‘n mooi lied in jou hartjie hoor weerklink. Lekker dag more- want teen die tyd dat jy my boodskap kry is jy seker al tuis. Laat die kolligte helder skyn!
    Baie groete
    Vaalseun

  10. Vaalseun sê:

    Hallo Meisiekind

    Die week het bykans (alweer) ten einde gekom en dit is maar net weer ‘n bewys van hoe ons deur die lewe jaag en in die proses dalk ons reis op aarde skade aandoen. Vanoggend vroeg oppad werk toe, merk ek hoe die donderweer teen die donker hemelruim flits en hoor die harde gedreun wat daarmee gepaard gaan en dan besef mens net weer opnuut hoe nietig die mens eintlik is, by die aanskoue van sulke kragtige natuur tekens. Hoop jy sal ‘n rustige naweek kan geniet net om weer bietjie tot verhaal te kom en tyd in te ruim om weer die klein dingetjies wat werklik saak maak, raak te sien.
    Mooi bly!
    Vaalseun

  11. Da Mario sê:

    Hi Rene
    Ek het besluit om vanaf Rounelle se site hierheen te link en is baie bly ek het. Great post. En ja, jy het nie net een persoon geraak met hierdie post nie…

  12. Vaalseun sê:

    Vandag is dit juis die regte dag om jou ‘n wonderlike Valentynsdag toe te wens en sommer ook aan aal jou aanhangers. Mag al jul mooiste wense waar word en onthou, julle is nie alleen nie…
    Hoop julle word sommer lekker bederf vandag.

    Valentynswense

  13. Da Mario sê:

    Jy het oulik geraak met die blog ding vanaf hierdie dag toe jy begin het…😀
    Bly jy’s nog hier!

  14. Hallo Rene, jy klink soos ‘n baie spesiale mens!

  15. […] Ek wonder baie oor oom Manie – oor sy familie – het hy ‘n vrou en kinders? Wat is sy lewensverhaal? Is hy happy? Raak hy ook mismoedig?  Oom Manie het my onwillekeurig aan die storie van die “besem-manager” laat dink – toevallig my eerste inskrywing op Woestynsand… (https://woestynsand.wordpress.com/2007/01/30/welkombesem-manager/) […]

  16. arthritis drugs feldenesingulair us pharmacies

    http://www.bebo.com/buylevitraonline1 – levitra buy levitra online

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s