01.13.09
…WOW…
Jislaaik, ek dog ek kom NOOIT weer by Woestynsand uit nie!
My lewe was ‘n rollercoaster ride tot nou toe en die rit is nog nie verby nie!
Intussen het ek van werk verander en is EK nou die baas van my tyd … en manlief se besigheid! Dit was ‘n moerawiese aanpassing, maar ons is daardeur en ‘n beter mens anderkant uit!
Oor presies 17 slapies, gaan my lewe ‘n drastiese wending neem…’n droom wat ek al die afgelope 15 jaar het, word uiteindelik bewaarheid wat groot veranderinge en aanpassings gaan meebring, maar daarvan vertel ek later. Ek moet nou eers al die voorbereidings agtermekaar kry!
Mmmmm, ek hoor julle al — is jy SWANGER??? Die antwoord op daardie vraag is ‘n besliste nee, maar hopenlik nie vir lank nie! In kort sal ek jul ‘n clue gee … ek gaan vir ‘n operasie’tjie en sodra ek daarvan herstel het, gaan ons ernstig probeer swanger raak! Ek hoop maar my liggaam kan al die veranderinge in een jaar hanteer.
Hou asseblief duimvas vir my! Ek gaan vir ‘n maand bietjie meer eie-tyd tot my beskikking he en ek belowe niks, maar dalk begin ek weer ernstig blog!
Dis eers al van my – ek het jul nog nie vergeet nie!! En vir die wat intussen kontak gehou het, dankie daarvoor – dit beteken ongelooflik baie so tussendeur al die chaos en vreemde dinge wat die afgelope drie maande plaasgevind het. Moet seblief nie skaars raak nie!
Sterkte met jul nuwejaarsvoornemens … ek het NIKS! Ek weet net dit gaan ‘n goeie jaar wees!
Liefdetjies
Rxxx




Paula said,
Januarie 14, 2009 at 9:26 vm
‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou! Mag al jou drome waar word … en sterkte met die operasie!
skoenlappr said,
Januarie 14, 2009 at 9:27 vm
Hallo!!!
Ek het elke dag hier ingeloer om te kyk of hier nie iets aangaan nie!
Het jou gemis.
Sterkte met al jou planne!
Groete
Adéle
Jenny said,
Januarie 14, 2009 at 9:53 vm
Welkom terug! Ek het jou gemis! Voorspoed vir die rollercoasterjaar, mag al jou drome waar word!
BB said,
Januarie 14, 2009 at 10:11 vm
Heita Renétjie!! En WELKOM terug, nê?! Hou ons tog maar op hoogte – intussen sal ek maar jou saam in my gebed toevou saans… x
oopkop said,
Januarie 15, 2009 at 11:05 vm
Baie sterkte en welkom terug hoor
boerinballingskap said,
Januarie 15, 2009 at 2:22 nm
Sjoe, man! Dis darem lekker om weer van jou te hoor en te sien daar’s nog lewe.Hopelik gaan jy darem nou effe meer gereeld ietsie skryf as die afgelope 6 maand? Ek’s bly oor die nuwe werk en sterkte met die operasie(tjie) en al die planne!
Welkom terug!
Wipneus! said,
Januarie 15, 2009 at 7:03 nm
Ek knyp my duime styf vas!!!
Sterkte met die operasie en ‘n mooi jaar vir jou!
netjane said,
Januarie 17, 2009 at 6:11 nm
Welkom terug!!!! Sterkte met al die dinge – ek hou styf duim vas!
kaalvoetinireen said,
Januarie 21, 2009 at 2:50 nm
Lekker om te sien jy’s terug! Hier was groot droogte in die woestyn
Asof ek kan praat, hehehe
Sterkte met al die dingetjies!
Kokkewiet said,
Januarie 22, 2009 at 12:54 nm
Sterkte met die operasie! Voorspoed vir die jaar!
mykopop said,
Januarie 23, 2009 at 6:02 vm
Sterkte met die operasie en hoop dit gaan van daar af presies nes jy dit wil hê!
René said,
Januarie 28, 2009 at 4:27 nm
Thanx julle!! Nog net twee slapies en dan is dit nip-nip!! Ek is soos ‘n klein kindjie by haar eerste kersboom met ‘n duisend geskenke net vir haar!! Ek belowe ek sal meer skryf as ek lekker by die huis rus en herstel! Lief julle almal!
Jenny said,
Januarie 30, 2009 at 9:03 vm
Sterkte met die operasie! Dink aan jou!
DELIA said,
February 5, 2009 at 3:45 nm
Die engels vrou van Tzn wil net se. Best Wishes, Praying that you come out of it with a pink or blue bundle of JOY!!!!!!
Zee said,
February 10, 2009 at 9:19 vm
René, ek hoop jou operasie het goed afgeloop…. en welkom terug hoor!
Rene Boshoff said,
February 10, 2009 at 1:32 nm
Lol@Delia!! My dag vir huistoe kom met ‘n pienk of blou bondeltjie, het nog nie arriveer nie! I wish! Ons stel dit so – ek is met heelwat meer IN die hospitaal in, as wat ek UIT gekom het mee!
Dit gaan egter goed – ek herstel mooi van die operasie al is dit bietjie boring om so rond te sit en niks te doen nie!!
Dankie vir jul belangstelling!
Liefde
Rene xxx
kaalvoetinireen said,
February 10, 2009 at 5:52 nm
Bly om te hoor dit gaan goed! As jy niks het om te doen nie kan jy altyd ‘n post of twee skrywe…
DELIA said,
February 10, 2009 at 6:50 nm
?????????? – OK. Ek wil net se. “while youre on the road to recovery ignore the speedbumps” As jy te boring raak, surf maar die net…. Sterkte!!!!
DELIA said,
February 10, 2009 at 6:52 nm
Askies my afrikaans het n bietjie backwards uitgekom. ek probeer weer, as dit te boring raak, surf maar die net… Dit klink nou reg:-)
Emil said,
February 12, 2009 at 9:14 vm
Ek beaam Kaalvoet. Hierdie dorre woestyndland kort so bietjie reën
Armando said,
Maart 3, 2009 at 8:37 vm
Just dropping by.Btw, you website have great content!
______________________________
You Are About To Discover The Ultra Rare Secrets To Stopping A Breakup, Divorce Or Getting Your Ex Back….Even If The Situation Seems Completely IMPOSSIBLE
Johan Swarts said,
Maart 24, 2009 at 8:39 vm
Sterkte van my kant af ook.
Jou idee is toe gebruik vir die babamovie! Kom loer gerus op my blog
j
Pikkelik said,
Maart 31, 2009 at 11:19 vm
Waar is jy dan nou????
Pikkelik said,
Maart 31, 2009 at 11:19 vm
Morningsickness????
lanaba said,
April 9, 2009 at 12:30 nm
Renetjie’
Vriendin gaan dit met jou?
Sterkte dink aan jou en hoop vir die beste.
Liefdetjies.