09.11.08
…siesa…
HAAT is ‘n sterk, aaklige en afbrekende woord…
…so kom ek sê eerder…
Ek HOU nie van die velletjie op vla nie – maar ek is MAL oor vla
Ek HOU nie van die velletjie op gekookte melk nie – maar ek drink baie graag warm melk
Ek HOU nie van die velletjie op my Wimpy koffie – wat koud raak omdat ek nie tyd het om agteroor te sit en dit met een slag klaar te drink nie…
Wimpy koffie kos R7.50!!
Siesa!!!!!




kaalvoetinireen said,
September 11, 2008 at 3:39 nm
Hie hie hie! Ek fight altyd vir die velletjie op die vlae en die een op warm melk is ook lekker….my koffie kry nielans om so koud te word nie
Paula said,
September 11, 2008 at 5:48 nm
Ek is ook nie mal oor velletjies nie ….. mag is MAL oor Wimpy koffie! (maak nie saak die prys nie
Eben said,
September 12, 2008 at 7:17 vm
Kaalvoet ek stem vir jou … daai velletjie op die vla is darem te lekker om wegtegooi. Dis nou in di ewinter Sondagaand ‘ete’ …..
Wipneus! said,
September 13, 2008 at 7:17 nm
Ek stem, siesa geen velletjies nie!