07.16.08

…stortvloed seëninge…

Posted in Uncategorized at 12:19 pm by René

Nou ja - hierdie week is sover ‘n week vol geboortes…en ‘n stortvloed seëninge…!

Manlief se jongste suster het Maandag ‘n seuntjie ryker geword … ‘n “whopping” 4 kg baba en met die naam Sven klink hy alreeds vir my famous! Ek het darem ‘n fototjie om te wys…

Baie geluk Suzan, Kurt en boetie Ivan - hoop nie die bulletjie gee vir julle te veel slapelose nagte nie! ;)

En dan .. die stem uit die Woestyn, my mentor en ‘n baie goeie vriend, het gister ‘n 2,9kg babaseun en naamgenoot ryker geword!! (ek wag nog vir daai foto!!) :mrgreen:

Mag die laaities vir julle nog baie liefde, vreugde en geluk bring!! Geniet elke oomblik van hul babawees - hulle raak hopeloos te vinnig groot!

Nou is dit nog net Niggie wat vir die geboorte van haar grootman wag in September!! Ja, NOG ‘n laaitjie… :mrgreen: …en hopenlik NOG ‘n peetkind vir Tannie Né? (skimp skimp!!)

(Het iemand dalk die resep vir Dogtertjies iewers gesien?)

8 Comments »

  1. Wipneus! said,

    July 17, 2008 at 2:05 pm

    Baie geluk aan al die mense, geniet julle bulletjies!

  2. Jenny said,

    July 17, 2008 at 3:40 pm

    Baie geluk aan al die mense, en welkom aan die seunskinners!

  3. DGS said,

    July 17, 2008 at 10:56 pm

    Uhmmmm… Wanneer is dit jou beurt, Renétjie? ;-)

  4. René said,

    July 18, 2008 at 8:05 am

    Ons werk hard daaraan Soldier - dis toe nie so maklik soos “val uit ‘n boom nie”!!

  5. Jenny said,

    July 18, 2008 at 9:04 am

    Rene, ek het uit ondervinding geleer, daai ding werk eers die oomblik as jy ophou probeer.

  6. René said,

    July 18, 2008 at 9:37 am

    Jenny - in daai geval hou ek ONMIDDELLIK op!! :mrgreen:

  7. Jenny said,

    July 18, 2008 at 3:30 pm

    Voorspoed, dit het vir my gewerk ;)

  8. Wandelpad said,

    July 23, 2008 at 8:01 pm

    ‘n Nuwe babatjie is darem net te pragtig!

Leave a Comment