07.04.08

…birthday boy…

Posted in Uncategorized at 8:37 am by René

Ek bars behoorlik van trots vanoggend…

Die pragtige klein rakkertjie in die middel met die groot blou oë word vandag ‘n volle drie jaartjies oud…

Hy is glad nie bloedverwant nie - maar hierdie is MY kind en ek is so lief vir hom dis asof hy my eie is!

Gisteraand het ek en sy mamma (Chantelle) tot 23:30 vir hom ‘n koek gebak vir vandag se partytjie by die kleuterskool!

En wat begin het as dit…

het geëindig as dit…

HAPPY BIRTHDAY KAYLEM!!

TANNIE Né AND “OUPA” LOVES YOU LOTS!!

UPDATE

Die kleuterskole is baie slim. Die kids slaap tot 14:00 en dan hou hulle eers party! Met die gevolg…niemand bestorm die koek nie! Wat ‘n antiklimaks!!!

Kay was gelukkig baie excited oor Lightning McQueen en toe die eerste hap eers gevat is - is die koek history!

Nogal sad om te sien hoe die koek gesny word na al die moeite en liefde wat daarin gesit is - maar SO lekker om te weet ‘n kinderhartjie is bly gemaak!