06.30.08

…drie nasies, een beker…

Posted in Uncategorized at 10:21 am by René

Ek kan nie meer wag vir die Drie Nasie Rugby nie!!

My New Zealand trui is gewas en hang al en wag vir my!!

Hier is die voorlopige skedule - kry solank jou biltong en bier voorraad reg!!

July
Date      Game                                         Ground
5 Jul      New Zealand vs South Africa     Westpac Stadium, Wellington
12 Jul    New Zealand vs South Africa     Carisbrook, Dunedin
19 Jul    Australia vs South Africa           Subiaco Oval, Perth
26 Jul    Australia vs New Zealand          ANZ Stadium, Sydney

August
Date      Game                                         Ground
2 Aug    New Zealand vs Australia          Eden Park, Auckland
16 Aug  South Africa vs New Zealand     Newlands, Cape Town
23 Aug  South Africa vs Australia           Absa Stadium, Durban
30 Aug  South Africa vs Australia           Ellis Park, Johannesburg

September
Date      Game                                         Ground
13 Sep   Australia vs New Zealand          Suncorp Stadium, Brisbane

Note: Schedule of games may change.

En oja, so terloops … MOOI, was beslis nog nooit lelik nie!! Of wat sê ek dames?

25 Comments »

  1. Jenny said,

    June 30, 2008 at 10:45 am

    Mmmm…. noudat jy dit so stel, ek kan ook nie meer wag nie!
    Daai gesiggie sal maklik van my ‘n All Black supporter maak… darem net mooi niks fout met daai kiekie nie ;)

  2. René said,

    June 30, 2008 at 11:52 am

    Praat jy nou Jenny! Ek weet self nie hoeveel keer ek al my eie blog besoek het vandag nie!! *drooool* :mrgreen:

  3. meermin said,

    June 30, 2008 at 12:55 pm

    Mooi was nog nooit lelik nie!

  4. demoerin said,

    June 30, 2008 at 2:42 pm

    Jou watse trui? NEEE MAN!! Speel enige van julle Superbru?

  5. demoerin said,

    June 30, 2008 at 2:48 pm

    Gaan kyk bietjie by superbru.com, baie cool sport-prediction game. Totaly free en baie pret. Jy is in groepe van so 18 en dan moet jy die uitslae predict van die games.

  6. Da Mario said,

    June 30, 2008 at 3:16 pm

    Jou NZ-trui? :roll:
    Anyways, ek sien SA is die enigste land wat 2 keer 3 weke opeenvolgend speel…
    /me wonder of Pietertjie reeds sy verskonings agtermekaar het….

  7. DGS said,

    June 30, 2008 at 3:34 pm

    Ek verkies vir meneer Carter met sy swart truitjie aan, dankie! Daar bestaan nie dalk sulke foto’tjies van die All Blacks se damesspan nie? Wonder maar net… ;-)

    Verseker is ek ook van vanjaar af ‘n All Black-ondersteuner. Verder voorspel ek dat heelwat Bokke na afloop van die Drie Nasies sal moet aanmeld vir chirurgie - om al die ou All Black tokse uit hulle anale holtes te verwyder!

    Da Mario - jy moet fyn oplet - Pietertjie het lankal begin verskonings maak!

  8. René said,

    June 30, 2008 at 3:44 pm

    Da Mario - jy het nie ‘n IDEE hoe goed lyk ek in swart nie!!!!

    Ek stem saam met jou DGS - die Bokke gaan ook moet aanmeld vir plastiese chirurgie - om hul “mooi” modelgesiggies te herstel sodat hul weer in tydskrifte sal kan pronk na die slagtings!! :roll:

    Ek was dalk laasjaar verkeerd oor die All Blacks se wêreldbeker oorwinning, maar ek voel dit aan my nersderm hierdie jaar gaan ‘n ander storie wees! Daai manne is honger vir bloed!!

  9. Emil said,

    June 30, 2008 at 4:07 pm

    :shock: hoe nou oor daai trui!

    Is die Springbokke nie al amper die All Blacks nie? :wink:

  10. demoerin said,

    June 30, 2008 at 4:31 pm

    Ai ai! Ek is bitter teleurgesteld. Ek sal julle kom help om julle tassies te pak, dan kan julle sommer daar in Auckland gaan bly ok! :lol:

  11. René said,

    June 30, 2008 at 4:44 pm

    Sal jy demoerin? Sal jy REGTIG? ;)

  12. Wipneus! said,

    June 30, 2008 at 5:13 pm

    Ja nee Renè, mooi was nog nooit lelik nie :oops:

  13. Eben said,

    June 30, 2008 at 9:25 pm

    Ja yeee jaaaaa kom ons wees eerlik, die Boerbokke gaan op hulle hel kry soos nooit tevore nie! Persoonlik dink ek dat Peter d V vinniger uit is as wat hy gekom het. Dit moet net ingedagte gehou word, ons rugby nasie hou nie van verloor nie, en dit sal hy bitter vinnig uitvind as hy nie weet.

    Rene, jy sal nie glo, verlede jaar toe ek in Dar-es-Salaam gewoon het, kom Marilee vir my kuier en ons besluit die betrokke Sondag om bietjie rond te ry. Ons kom op die tipe Vooimark af en daar verkoop hulle Springbok truie met die Tanzaniese vlag op die skouer. Die Springbok op die bors en voor is geskrywe Zanzibar!!

    Ek koop toe net daar en dan vir my en Steyn so outfitting ….. :) Weet jy hoe oulik lyk ek daarin :oops:

  14. Nico said,

    June 30, 2008 at 9:56 pm

    Nieu Seeland trui?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!

    RENEGAAT! :lol:

  15. Nico said,

    June 30, 2008 at 10:00 pm

    …maak dit eerder René-gaat! Sien nou eers die woordspeling raak… lol.

  16. demoerin said,

    July 1, 2008 at 1:35 pm

    :lol: Ek sal sommer vir Percy vra om jou tot daar te skop!

  17. René said,

    July 1, 2008 at 2:03 pm

    Lol @ Nico!! Solank dit nie René-se-gaat is nie! hehe :mrgreen:

    Ag demoerin - jy is te gaaf!! Ek hoop Percy het Danny-boy se adres dat hy my sommer in die regte rigting kan skop!!

  18. Blixer said,

    July 1, 2008 at 3:47 pm

    Wel geskape die jonge Dan Carter- ek hoop dit is hy anders het ek nou my naam met ‘n yslike plank geslaan!

  19. René said,

    July 1, 2008 at 3:57 pm

    Dis net hy daai Blixer - the one and only!

  20. Louis said,

    July 3, 2008 at 9:28 am

    Rene, ek het jou boodskap op Dan se Webblad gesien en ek was impressed hoor. Tussen ons ou volkie is daar darem nou al heelwat mense wat by Dan se ondersteunersklub aangesluit het. Ek het die groot voorreg gehad dat ek aangewys was as Junie se “Fan of the month” en het die mooiste fotos met Dan se handtekening as erkenning gekry.

    Ag man jy moet jou nie steur aan ou Nico en ander soos hy nie. Hulle is tien teen een suurgat Bloubul ondersteuners. En toe klop Province hulle ook nog laas naweek.

    Terloops, wat noem jy n Springbok ondersteuner wat na Saterdag se game met n bottel Sjampers gaan rondloop?………………n Waiter.lol

  21. René said,

    July 3, 2008 at 9:58 am

    Hey Louis! Welkom op my blog en thanx vir jou kommentaar!

    Ek was nogal verbaas om te sien hoeveel Saffas by Dan se klub aangesluit het.

    Let’s face it - Dan is a man and I am a woman - maar buiten die feit dat hy delish is om na te kyk - is hy in my oë een van die wêreld se beste rugbyspelers! Nie net oor hy ‘n goeie game speel nie - maar veral omdat hy so ‘n gentleman op die veld is! Geen funny business met Dan nie - hy speel ‘n skoon game en stap ‘n wenner van die veld af - op meer as een manier!

    Ek steur my nie aan die ou suurknolle nie! ;) (net ‘n grappie julle!) Ek krap eintlik maar net so bietjie g.@.t - my gereelde “lesers” ken my al so!! Ek sal myself nou nie juis ‘n Province ondersteuner noem nie - eintlik GLAD NIE - al bly ek in die Kaap, maar ek gun elke ou sy opinie!!

    Ek is lojaal teenoor die game, nie noodwendig provinsie of land nie! Noem my maar ‘n renegaat as dit enig-iemand laat beter voel (skimp skimp Nico!!) :lol:

  22. Louis said,

    July 3, 2008 at 10:12 am

    Sorry, ek het nie probeer om jou vlak te kyk nie. Vir my is die game ook die belangrikste. Anyway, die tipe spel wat die Al blacks en die Crusaders speel verskaf aan miljoene mense op ons ondermaanse ure se genot. Die lewe is mos daar om te geniet.

  23. René said,

    July 3, 2008 at 10:29 am

    No offence taken Louis!! :mrgreen:

  24. ANTI JOCK said,

    August 6, 2008 at 10:18 am

    I hate all you gay fucking jocks!!!! get a life and play some hockey!!!

  25. René said,

    August 6, 2008 at 10:24 am

    Sjoe Anti Jock - vreeslike baie haat wat jy so in jou ronddra! :roll:

Leave a Comment