06.25.08
…lankal vergeet…
Eendag lank, lank gelede…
Nog voor ons ontmoet het
Het jy my salueer
Net ’n foto en paar woorde
Het ons vriendskap gesmee
Soos ’n warrelwind vol liefde
het jy my hart gebreek
voel soos jaaaare gelede
in ’n oogwink gebeur
En die seer?
Jy was reg…
Dit is lankal vergeet!





Paula said,
Junie 25, 2008 at 3:33 nm
Pragtig!
Pikkelik said,
Junie 25, 2008 at 6:29 nm
Diep!
Wipneus! said,
Junie 25, 2008 at 7:43 nm
Jy het mooi gespeel met woorde!!
Da Mario said,
Junie 26, 2008 at 9:06 vm
Ek hou van die foto wat jy gekies het om saam met die gediggie te gaan. Ek hoor nou die dag iemand sê dat tyd nie die seer genees nie, dit maak dat ons bloot net die mooi dele onthou. En dis mos maar om te vergeet…
By the way, ek hou vreeslik baie van hierdie gediggie!
René said,
Junie 26, 2008 at 9:12 vm
Da – iemand het ook nou die dag vir my gesê – as mens die seer met mooi memories vervang, vergeet jy makliker die pyn!
Hang seker maar af uit watter “angle” jy daarna kyk né?
meermin said,
Junie 26, 2008 at 12:43 nm
Baie mooi!! Nee die seer bly in mens, dit word net erger, geen “angle” maak die pyn in jou hart beter nie! Rowe groei daaroor maar dit bars oop en die seer is terug! Elke keer net seerder!
Nico said,
Junie 27, 2008 at 10:27 vm
Vergeet is soms so lekker…
demoerin said,
Junie 27, 2008 at 2:46 nm
Ek beny die mense wat so mooi met woorde kan speel!
René said,
Junie 27, 2008 at 3:22 nm
Is in ‘n mate waar wat jy sê Meermin – maar ek probeer op die positiewe konsentreer sodat dit die negatiewe kan oorskadu! Soms is dit vrek moeilik, aanvanklik moet jy daarop konsentreer, maar later kom dit sommer vanself!
Hi Nico – lekker om jou weer hier raak te lees…!
Thanx demoerin – ek beskou dit as ‘n groot kompliment!
Louis said,
Julie 3, 2008 at 10:01 vm
Knap gedaan Rene. Besondere woorde met besondere betekenis. Vir die wat swaarkry ken bring dit hoop. Vir ander maak dit vensters na die onbekende oop. Baie waar woorde.