06.12.08
…mid-winter wegbreek…
Ek gaan bietjie met verlof…maak maar jul eie afleidings waarheen!
Sal weer die 23ste met julle kom chit-chat!
MIS MY!!!
…almal soek na iets…
Ek gaan bietjie met verlof…maak maar jul eie afleidings waarheen!
Sal weer die 23ste met julle kom chit-chat!
MIS MY!!!
kaalvoetinireen said,
June 12, 2008 at 11:31 am
Ek sien nou rerig baie uit na my vakansie in SA! Ek kan nie wag om net langs die see te vrot nie…ek is jaloers!!! geniet dit!
netjane said,
June 12, 2008 at 11:47 am
Jy gaan see toe! Ek wil ook see toe gaan! Spesifiek na my ma-hulle in die Oos-Kaap.
Ek is baie jaloers. Geniet dit!
René said,
June 12, 2008 at 11:49 am
Kaalvoet – ek gaan beslis ook net by die see gaan lê en vrot!
Janey, jy is kookwater warm! Hierdie is die Oos-Kaap!!
Maar tussen jou en my gesê – ek is meer jaloers op jou as jy op my!! Lol
netjane said,
June 12, 2008 at 12:27 pm
Ek ken my strande, Baby!
Wa gaan jy heen? My ma-hulle is in Cannon Rocks, naby Kenton-on-Sea, maar jou prentjies lyk vir my meer na St Francis se kant toe?
René said,
June 12, 2008 at 12:30 pm
Meisie – jou kennis verbaas my!!
Dis by Kaap St Francis! Foto nr 1 en 4 is van die strandhuis se voorstoep geneem!
Pikkelik said,
June 12, 2008 at 12:30 pm
Ek weet nie of ek meer van julle hou nie…. Ek wil ook daar wees, meer nog ek wil ook op verlof gaan!!! Sonder doeke en bottels, en stootwaentjies!
René said,
June 12, 2008 at 12:32 pm
Pikkelik, daar is plek vir jou in my tas! Maar net vir jou – nie vir die doeke en bottels en stootwaentjies nie!! Jy sal dit maar by manlief moet los!!
Paula said,
June 12, 2008 at 12:50 pm
Jy moet dit baie geniet!
Pikkelik said,
June 12, 2008 at 1:19 pm
Zee said,
June 12, 2008 at 1:26 pm
Ek wil ook saam, soos Pikkie, net ekke!!
Geniet jou vakansie hoor!
René said,
June 12, 2008 at 1:58 pm
Oh fruckit!! Moet ek ‘n Venter-sleepwa huur?? Julle moet gou sê, ons ry môre oggend vroeg!!
Zee said,
June 12, 2008 at 2:03 pm
Mmm, wat van ‘n bus? Het nogal baie outfits wat ek wil saamvat!
Roer said,
June 12, 2008 at 2:05 pm
Geniet dit Rene. Dink aan ons plebs wat nog moet swoeg…
René said,
June 12, 2008 at 2:06 pm
Nee, nee, nee Zee, jy het dit storie heeltemal verkeerd-om! Ons gaan by die see lê en vrot – ons gaan nie opdress speel nie! Jy kan saam – maar sonder die outfits! Kepish!!
Zee said,
June 12, 2008 at 2:12 pm
Jip, kepish….
Gaan nou gou eers shop vir baaikostuums……. sal so 20 die ding doen?
O ja, en die towels en suncream…. ai. laat ek weg wees!
René said,
June 12, 2008 at 2:15 pm
Lol @ Zee – nee maar dis reg! Kry net ‘n paar pilletjies vir Longontsteking ook!
Is dit net ek of is die blog-mans vreeslik stil vandag?
Jenny said,
June 12, 2008 at 2:26 pm
Geniet dit Rene! Ons sal jou mis, promise
Zee said,
June 12, 2008 at 2:28 pm
O gaats, vergeet dis winter. Sal maar my heater en generator moet saamvat vir die strand.
Ja, ek sien geen mans hierrond vandag nie….
boerinballingskap said,
June 12, 2008 at 3:06 pm
Enjoy!
demoerin said,
June 13, 2008 at 9:27 am
Neeee, ek is groen van jaloesie. Geniet dit!
Wipneus! said,
June 13, 2008 at 3:18 pm
Ek is nou ook jaloers!! Geniet dit!
Nefri said,
June 14, 2008 at 3:48 pm
♪ I’ll miss you like crazy ♪ la la la la la la……
Pragtige tonele wat jy afgeneem het, veral die waar die son so mooi vir jou ‘gepose’ het.
Daai lang strand gaan jou voetjies soen as jy jou tone in haar sand druk.
LOL Geniet dit en kom veilig terug!
Eben said,
June 15, 2008 at 1:30 pm
Hi Rene, geniet jou welverdiende verlof en …… die belangrikste is kom veilig terug.
Ek ken natuurlik glad nie die Kaap, maar my beurt sal ook kom ….
demoerin said,
June 17, 2008 at 10:02 am
Ek is nog steeds jaloers!
Die week in ‘n neutedop… « Demoerin’s Klasak said,
June 20, 2008 at 6:43 am
[...] is met ‘n break. Elke keer as ek die blogs oopmaak en die boodskappies sien is ek van voor af groen van jaloesie! En of dit nou see toe, of in donker Afrika in is…EK IS JALOERS. Blykbaar kry [...]