04.25.08
…soooo bietjie naby…
Dis nog net SOOOOO bietjie naby aan die laaaaangnaweek!!
Vir my is dit ‘n heerlike 10 dae “vakansietjie” (dankie Regering!)! Ek vat Woensdag die pad saam met my Boeta om vir Moeksie te gaan kuier in die reeds bibberende Karoo - maar ssshhhhhttttt, sy weet nie ek kom nie!
Mag julle ‘n heerlike twee langnaweke hê, en vir die wat so bevoorreg is soos ek om die ekstra twee daggies ook te kon afneem, geniet elke oomblik daarvan! Ek weet ek gaan beslis!
OJA … VOOR EK VERGEET!!!

Hêppie Hêppie aan NetJane wat 1 Mei verjaar!
Mag dit vir jou ‘n pragtige dag wees en ‘n baie opwindende en geseënde nuwe lewensjaar! En mag jou Liefie jou stukkend bederf! Dankie vir jou vriendinskap!!! Jy is ‘n mens DUISEND!! (Ek sê solank geluk, want daar waar ek gaan is nie internet nie - dis nog handsentrale - nommer asseblief?! Lol!!)





mykopop said,
April 25, 2008 at 2:10 pm
Natuurlik vat ek ook verlof, amper die hele S.A. vat! Ons gaan net nie weg nie, ek gaan aan die huis werk, maar ‘n verandering van werk is mos darem ook rus en die vordering sal waardeer word.
Geniet jou kuier en veilig ry!
Netjane said,
April 25, 2008 at 2:36 pm
Dankie vir die goeie wense! Maak jy nou my dag
Eben said,
April 26, 2008 at 8:50 am
Hoeeee hoe wens ek dat ek daardie deel van die land kan sien en beleef. Dis ‘n skande, maar Eben ken daardie deel glad nie!!
Ek hoop jy het ‘n baie baie genot volle week, en reis veilig!
Wipneus! said,
April 26, 2008 at 12:03 pm
Lekker rus!
Riaan Oosthuysen said,
April 26, 2008 at 10:23 pm
Lekker vakansie hou. Hou van jou blog
Jasper said,
April 28, 2008 at 5:21 pm
Gaan jy dalk by Duskant draai gooi
lekker vakansie hou!!