…niekerbols…

Posted: Januarie 14, 2008 in Uncategorized

Julle onthou nog toeka-se-dae se swart balletjies wat van kleur verander as jy dit suig…

niekerbols1.jpg 

NIEKERBOLS!!

Nou ja, vanoggend begin ek en ‘n kollega gesels oor die lekker swart balletjies wat vroeër jare by enige kafee en winkel in sulke lang glas flesse beskikbaar was!! Dis natuurlik BAIE lank voor my tyd wat jy vir 1c ‘n hele sakkie niekerbols kon koop! Sou jy vandag ‘n regte egte “niekerbol” soek, moet jy maar tevrede wees met die soort wat slegs een kleur binne het en veel meer na kruie-grond proe as na liquorice of anys!

Vir iemand soos ek wat verslaaf is aan enige iets wat soos liquorice (drop) proe, is dit nogal ‘n onaangename verrassing as jy klaar die swart lagie afgesuig het en daardie nare smaak kom lê op jou tong! Die gevolg is, ek dink ‘n hele paar keer voor ek my bestelling insit vir niekerbols!

Ons begin toe redeneer oor die spelling van die woord “niekerbols”! Ek het dit ‘n anglisisme gemaak, juis omdat ek nie ‘n idee gehad het waar die naam vandaan kom of wat dit beteken of hoe dit regtig gespel word nie!  Op daardie stadium was ons krag af, so ek kon nie myself reg of verkeerd gaan bewys met die spelling of betekenis met die hulp van Wikipedia nie en nie in die HAT of Pharos tweetalige woordeboek word dit eers genoem nie!! Ek het op ‘n stadium na aanleiding van ‘n liedjie wat David Fourie sing, vermoed dat dit nie niekerbols met ‘n “n” is nie -maar liekerbols! (Agv die liquorice smaak?) Ek sms toe vir SlimZilla en hy kon my darem in die regte rigting van die “n” help, maar nie met die spelling – hy reken mens spel dit nie, jy suig dit net, en jy praat nie met ‘n mond vol kos nie!! (giegiegie – presies die tipe antwoord wat ek verwag het!!) ‘n Taalkundige kollega deel my toe mee dat die naam “NIGGERBALL” afkomstig is van Amerika! Swart = nigger en ball=balletjie! (Nou ja, ek is amper te bang om so-iets op my blog te plaas, want deesdae is dit baie maklik om as ‘n rassis gelabel te word – al het die hele redenasie absoluut NIKS met rassisme of velkleur te doen nie!)

Dit maak nou nie aan my saak hoe niekerbol eintlik gespel word nie en waar die naam sy oorsprong gekry het nie! Ek bly by my eie spelling!

Ek het darem toe uiteindelik by Wikipedia uitgekom en vir die van julle wat gewonder het – plaas ek die feite…

“Niggerballs is a colloquial and former brand name for a popular variety of gobstopper (a form of confectionery known as a “jawbreaker” in the United States) produced in South Africa during the twentieth century by specialist hard candy and confectionery producers such as Poirette, Crystal Confectionery, Chapelat, and the Transvaal Confectionery Company of Johannesburg.

The distinctive features of these sweets are:

Their large size – a diameter of 2cm (slightly under 1″) is common
Hard black coating
Liquorice or aniseed flavour
Often multi-coloured layers
 

The word gained universal cultural currency in the region in the early 1960s through its use in the chorus of the hugely popular comic song Ag Pleez Deddy by the South African folk singer Jeremy Taylor.”

PS … as jy dalk weet van ‘n kafee wat nog regte egte niekerbols verkoop met die verskillende lae kleure wat NIE soos kruie-grond proe nie – stuur vir my ‘n e-possie dat ek my adres vir jou kan gee! Ek soek van daai regtes en ek sal betaal!!!

Kommentare
  1. Justjane sê:

    Nou wonder ek ook! As jy dalk die kafee kry – vind uit of hulle nie Fanta Peach verkoop nie (my pa vra nog by elke kafee daarvoor en kan glad nie glo hulle kon “sy” koeldrank ophou maak nie).

  2. René sê:

    Janey, noudat jy praat van Fanta! Ek het in Engeland die slegste Fanta gedrink wat ek nog ooit teëgekom het – ek wens ek het geweet hoekom hulle Fanta so sleg is! As ek nou Fanta Orange in die winkel sien – dink ek nie eers twee keer daaroor om dit NIE te koop nie! Daardie smaak bly by my! Ek sal uitkyk vir jou pa se Fanta Peach, maar ek belowe niks!

  3. Da Mario sê:

    /me dislikes the taste of niekerbols…

  4. Nog iemand soos ek! Ek’s 2000000% verslaaf aan REGTE (daaiballetjieswateknieweethoeomtespelnie)!!!!!!

    Ek sal my voortande gee…. *sug*

  5. Marina sê:

    Ons was verlede jaar Februarie in Klein Brak. Die kafee naby die stasie verkoop dit. Ons het elke aand soontoe gestap en gaan koop. Nes stout kinders!

  6. mykopop sê:

    Ek was mal daaroor, ek het lank laas een geproe so ek weet nie of mens nog die regtes kry nie. Dan is daar nog sulke ander harde klontjies wat mens kry, sulke ronde plattejies met bietjie growwigheid soos suiker rondom, waarvoor ons ook ‘n naam gehad het wat mens saam met die K-woord en hierdie balletjies nie meer noem deesdae nie. Wilson-toffies kry mens darem nog so ver ek weet, ek het in die afgelope paar maande 1 of 2 gehad. ‘n Ander groot gunsteling van my, Sunrise-toffies, het ook gesneuwel.

  7. Die Gestorwe Soldaat sê:

    Onthou julle die Fireball jaw-breakers? Dit was so groot pienk-rooi niekerbol wat die plaak van jou tande en die roes van jou foefenjol af gebrand het! Hel, daai goed was Tabasco se moses! Ons het altyd gekyk wie kan die langste aan een suig. As jy eers deur daai sagte, warm wit lagie gestoei het, dan het die heuningsoetsmake jou mond kom oorrompel! En as ek reg onthou was die tjêrrie op die koek ‘n stukkie kougom hier aan die einde. Hulle het in pakkies van drie gekom… Ek sien nou nog hoe my Ma elke aand vir ons elkeen so pakkie uit haar handsak opgetower het… *groot sug*

  8. Da Mario sê:

    Soldaat… hoekom link jou naam nie na jou blog nie? 😕

  9. Jasper sê:

    Hier is ‘n SA winkel in engeland wat niekerbols verkoop… 😉
    Maar ek stem saam, die Fanta hier is nie “edible” nie. Ons koop maar Fanta grape by die SA shop

  10. René sê:

    Da – lyk my jy is die “odd one out” hier vandag! hehe

    Flatty – ek sal vir jou ook stuur as ek die originals iewers kry hoor! Promise!

    Marina – ek sal daar gaan inloer as ek weer by Klein Brak verby ry! Thanx hoor!

    Mykopop – daardie klontjies waarvan jy praat – is dit nie suurklontjies nie? Ek kan onthou ouma het altyd suurklontjies in ‘n fles in die spens gehad en ons het time and again gaan stuurklontjies steel as die grootmense ‘n middagslapie uitpak. Het jy gesien Wilsontoffies se grootte het gekrimp en die prys gestyg!! Dit voel vir my mens betaal nou meer vir die drukwerk op die papiertjie as wat jy vir die toffie betaal!

    Soldier – Ek kan onthou ek was nog ‘n klein dogtertjie toe Jawbreakers “in die mode” was en het altyd hartverskeurend gehuil as boetiegoed Jawbreakers eet en ek mag nie omdat daar kougom in is! En dan as boeta skelmpies een laat deurglip vir sussa en my bek begin brand, het ek eers die huis se dak afgeskree oor die brand, en oor boeta op die mat rondrol soos hy vir my lag!! Ek onthou dat ek ‘n paar keer pak gekry het oor jawbreakers! Ai *sug*!!

    Jasper – jy betaal seker ‘n arm en ‘n been vir daardie niekerbols in die SA shop!? Snaaks dat ek nie kan onthou dat ek dit daar gesien het nie? Die oomblik was seker net te groot of dalk was ek nie by dieselfde shop nie!?

  11. vander F sê:

    Voor echte Negerballen moet je ook in Nederland zijn…

  12. TristonJ sê:

    daar het jy dit nou Rene… neger – “swart” balle…

Lewer kommentaar