01.03.08

…jou skaduwee…

Posted in Uncategorized tagged at 8:00 vm deur René

shadow_dunes.jpg 

JOU SKADUWEE

Stap kaalvoet saam met my
In die reën
Op die spore van ons drome
Net ek en jy alleen
En waar die son jou buitelyne laat ophou
Sal ek begin
Wat jy gee sal ek neem
Want ek en jy is een
Jou skaduwee

Met elke hardklop volg ek oral op jou paaie, elke tree
Deur droë woestyne
deur die diepste diepste waters van die blou see
En sou die strale van die son jou spore dof maak
Sal ek koelte gee
My asem bly ‘n deel van jou
Ek sal jou regop hou
Jou skaduwee

Kom tel die sterre saam met my
Elke aand
In die melkweg lê ons drome en wag
Dat ons dit kom haal

Maar die donker van die onbekende nagte
Maak my bang
Mag ek jou skuiling leen
Want ek en jy is een
Jou skaduwee

(Juanita du Plessis)

6 Kommentaar »

  1. TristonJ said,

    *sug*

  2. Eben said,

    Hi René,

    Eerstens dankie ook vir die mooi wense aan my …. dieselfde ook aan jou en jou gesin en almal na aan jou.

    Jaaaa … pragtig woorde van Die Goue Meisie van Afrikaanse musiek!!

  3. Magrietjie said,

    Gaan lees Doom Attie se blog asseblief

  4. Magrietjie said,

    Dis ongelooflik mooi en jy ook

  5. Magrietjie said,

    Dankie

    Grensloos innig

  6. Da Mario said,

    Nuwe look, nuwe jaar. Dis baie nice…
    H&K’s


Lewer Kommentaar