‘n Lewe sonder dankbaarheid is ’n lewe sonder liefde en passie!
Hoop sonder dankbaarheid is ontdaan van fyn waarneming!
Geloof sonder dankbaarheid kort krag en standvastigheid!
Elke deug wat losgemaak word van dankbaarheid is vermink, en loop mank op die geestelike pad!
-john Henry Jowett-
Aan elkeen van my getroue en ondersteunende blogger lesers, ja jy wat deel is van my lewe en dit elke dag met jou teenwoordigheid en mooi woorde verryk
…Dankie vir jou…
wat jy vir my beteken,Is meer as wat woorde kan sê!
Julle het werklik my lewe in soveel aspekte verander!
!!Dankie!!





Ja , hey – dit is nodig om dankie te sê. So baie keer vat ons dinge net van self sprekend en vergeet om dankie te sê.
Dankie vir die herhindering.
Ek voel ook dat soms ons dankie net uit gewoonte spreek. maak dus dan seker dat elke keer as jy dankie sê dat jy dit bedoel!
Dankie vir jou want jy verryk my lewe met die mooi dinge wat jy kwytraak op jou blog! Dis regtig lekka om hier te kuier… voel somme tuis!
Tata parra!
Hexi
Dankie, vir hierdie skone môre,
Dankie, vir hierdie nuwe dag,
Dankie, dat U oor my gewaak het
deur die donker nag.
(Gesing deur Lance James)
Dis oor jy so oulik is dat ons so kom kuier.
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd… ‘n tyd om te huil, ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te treur, ‘n tyd om van blydskap te dans. Vriendskap is om al hierdie tye met mekaar te kan deel! Dankie vir jou vriendskap!!
Ditto Oopkop. Dankie vir jou, man!
Right back at you!
nee vriendin dankie vir jou….jy is een uit n miljoen.
lekker dag
Dankie dat ek hier kan kom inloer en lekker kan chat! Lekker week verder!!!
Mwha xxx
Jy’s ‘n spesiale girl, wat meer kan mens se?
Goeie more.
Kan ek die rooi blomme ,foto,gebruik?
jy mag maar sassie!
Hi Rene
Kom jy dalk naby Caledon,by Dassiesfontein verby.
Wil jou graag iets wys en gee.
Groete
Sassie
0282141475
Hi Sassie – ongelukkig kom ek nie gereeld in daardie area nie – maar stuur vir my ‘n epos dan kyk ons wat ons kan reël.
rene.boshoff by kaapagri punt co punt za
koe-wieeeee! … lyk of hier soms lewe is….
Wie kan vir my die woorde van “Dankie, vir hierdie skone môre, Dankie, vir hierdie nuwe dag, Dankie, dat U oor my gewaak het deur die donker nag. (Gesing deur Lance James gee)??
Ek soek dit dringend