06.29.07
..daar waar jy moet wees…

DAAR WAAR JY MOET WEES
Teen die mure in die gange
klink die hol klank van verlange
waar ek jou in die skadu’s lees
daar waar jy moet wees…
Oor die water van ‘n liefde kort
het my wêreld jou woestyn geword
waar die waaisand vasbrand teen my vlees
daar waar jy moet wees…
Mag ‘n man jou altyd vashou
eindeloos en sonder ophou
Lewe jy dan net in drome
agter skaduwees en bome
Nader jy my net in na-maak
In newels waar die waarheid wegraak
En drome waar ek liefde lees
Daar waar jy moet wees…
Ek droom jy spat uit die put se luik
ek slaan my arms om die kruik
en huil my in my hande hees
daar waar jy moet wees…
Ek plaas jou foto in ‘n staander
maar die stilpyn in my kamer
en die swyg sal eers in tyd genees
daar waar jy moet wees…
Geniet die naweek!!
xxRxx



![UT 3, 4 & The Milky Way [video] UT 3, 4 & The Milky Way [video]](http://static.flickr.com/2633/4135738280_d16c9dd389_t.jpg)
Jo-Ann Schou said,
Junie 29, 2007 at 3:16 nm
Dit bly maar ‘n mooi lied. En ‘n mooi stukkie wêreld. Met so baie onthougoed. Lekker naweek!
boerinballingskap said,
Junie 30, 2007 at 10:50 vm
Baie nice song en woorde!
Thea said,
Junie 30, 2007 at 12:08 nm
Mooi song!! Die woorde raak my hartsnare aan…
marat said,
Junie 30, 2007 at 7:42 nm
Ek huil sommer snot-en-trane . . .
Da Mario said,
Julie 3, 2007 at 8:40 vm
En waar presies is dit dalk waar JY moet wees Rene?
Dawie Jansen van Vuuren said,
September 19, 2009 at 6:48 nm
UITSTEKEND!! VERSKRIKLIK MOOI!!!!