..Woorde.Dankie.Gesiggie..

Posted: Januarie 31, 2007 in Uncategorized

Ek wonder baie oor die waarde van woorde!  Woorde wat so maklik oor ons lippe vloei! Woorde van vriendskap, woorde van liefde, bemoediging en ja ongelukkig ook woorde van haat en seermaak! Maar het ons vir een oomblik al gaan sit en dink wat ons woorde aan ander mense doen en/of wat dit vir ander beteken. Ek dink nie ons doen dit genoeg nie!!


Ek lees die afgelope paar weke my vriendin se blog en ek sien hoe woorde uit haar gedagtes en deur haar vingers op die blog vloei en ek wonder waar dit alles vandaan kom! Is dit maklik vir jou om jou gevoelens en gedagtes in woorde om te sit? Dit was nog nooit vir my maklik nie, omdat ek van nature ‘n mens is wat nog altyd na binne geleef het! Maar ek het met behulp van Steve se blog deel geraak van ‘n gemeenskap – ‘n vriendekring wat ‘n God-gegewe talent het om te toor met woorde en my op plekke te raak waar ek al vergeet het ek het plekke! :-) En toe gebeur die onwaarskynlike, amper soos ‘n wonderwerk en die woorde begin al meer uit my gedagtes vloei, kry die pad na my vingers, eers in die vorm van kommentaar op my spesiale vriendin se blog en later e-posse tussen ander blog-vriendinne en van gister af – my eie blog! Wie het ooit kon dink DIT sal gebeur! En ek het by haar, maar ook by jou geleer om meer van myself te gee, my suinigheid met woorde af te leer en om te sê wat ek voel, wat ek dink, en wat ander vir my beteken! Wat ‘n (amper oorweldigende) bevryding om skielik so baie gedagtes te hê wat woorde word. Swart op wit! Amper soos magic! 

Jy sal seker wonder oor die opskrif van my blog-blad!  Ja, ek wonder ook soms! Maar sonder om te veel van die aap uit die mou te laat – ek het ‘n ding oor die woestyn – al was ek nog nooit self daar nie – het die woestyn vir my ‘n bekoring wat ek nogsteeds sukkel om in my eie taal en woorde te beskryf! Ek kyk na foto’s, lees artikels in tydskrifte en ek slurp enige inligting op wat enige iets met Namibie en die woestyn te doen het! Dis dagga vir my siel!!  Daar is nog een of twee redes hoekom ek so ‘n bekoring met die woestyn het, maar ek gaan nie veel daaroor sê vandag nie – dalk kom jy dit self agter hoe meer ek van myself met jou deel! Dis great om ‘n plek te hê waar ek kan afpak – waar ek my storietjies met omgee-mense kan deel en waar ekself baie antwoorde op onbeantwoorde vrae in my kop kan kry deur die inspirasie en wyshede van jou, wat ‘n bydrae lewer op my blog! So ek vra mooi, moenie skaam wees nie – wees net jouself – hierdie is nie net my spasie nie, maar ook JOUNE! En as die blog nie persoonlik genoeg vir jou is nie – gooi vir my ‘n email en ons gesels daaroor! Ek is seker daarvan ek en jy kan mekaar baie leer van die lewe, die liefde, van seerkry en hoe ons die die swaarkry met lekkerkry lag-lag kan oorkry! Rounelle of Harvey, as jy vandag hier lees, ek het jou hulp nodig met die “head” van my blog – hoe kry ek daai wordpress.com kommentaar af onder “Woestynsand tussen my tone”. As enige een van julle hier lees en kan help, laat weet my seblief, ek sukkel daarmee! J Thanx Nella vir Gesiggie – ek plaas hom hier – want hy is vir ons albei baie spesiaal! 

Al vergeet jy my vir altyd
langs ‘n mylpaal in jou pad
ondersteep jy steeds die prentjies
in die hoeke van my hart
sloop die mure wat en bou
en alles binne hoort aan jou

Leg die kaart van liefde
al neem dit jou ‘n jaar
tot die malmaak van ons briewe
en die oe op ons bedaar
gou gesiggie skud my hand
as die lense vir ons loer
net ‘n oomblik naamloos alhoewel jy in my boer…

Vir elkeen van julle wat sulke mooi woorde gister vir my gestuur het en elke stukkie bemoediging wat ek ontvang het – thanx daarvoor! Dit het my deur ‘n baie moeilike dag gedra en vanoggend kon ek die laaste traantjies van my hart afvee – ek is klaar gehuil!!  Julle is elkeen sulke ongelooflik spesiale omgee-mense en dis ‘n voorreg om jul in my lewe te hê!  Steve en Harvey spesiaal dankie vir jul belangstelling – jul mails was ‘n groot verassing vanoggend! Lekker man! 

Ek hoop jy het ‘n “fantabulous” gatskop dag en dat daar net mooi dinge en vrede in jou hart sal wees. 

Ek hoor graag van die dingetjies wat jou laat “tick”! Wat is die klein dingetjies wat jou daardie ekstra woema in jou dag gee en jou help oorleef!

Praat met my… 

René xx

(PS…ek figure nog uit hoe om prentjies op te sit – all in good time – ek is so klein bietjie tegnologies gestremd – so wees maar geduldig julle outjies!!)

About these ads
Kommentaar
  1. Rounelle sê:

    En ‘n wonderlike goeie môre aan jou ook! Die RedBull kry nog sy lê in my gestel maar oor 20 minute behoort daar iewers in my kop ‘n lig aan te gaan lol!

    Die gedig – meer as ‘n plesier. Ek ken ook paar sulke ‘gesiggies’ maar laat ons nie namedrop nie!

    Die header – as good as taken care of. Not to worry. Ek praat later die dag (hopelik) met jou daaroor. ;)

    Woorde – jy weet mos ek lief woorde. Dit is een van die goed wat my big time laat tick, my fasineer en die deur na ‘n heel ander wêreld vir my oopsluit. En dan natuurlik mense soos jy. Soos ‘n klein besempie wat die pad voor my voete skoonvee voor ek my volgende tree neersit.

    En ek leer by jou … o jinne ek leer by jou! As jy maar weet hoeveel jy in hierdie laaste 2 maande vir my gegee het. Dis priceless en dis iets wat niemand van my kan wegvat nie. Ehm, ek wil my amper verstout deur te sê jy het iets van myself aan my teruggegee, iets wat ek dalk nie besef het ek teen die pad verloor het nie.

    Woorde om daarvoor dankie te sê het ek nie … sal ek nooit hê nie. Dankie dat jy my deel van jou lewe gemaak het René. Kies vir ons die hoogste duin … dan klim ons hom saam uit terwyl die vrede en vryheid van die woestyn soos ‘n vars oggendbries ons siele vernuwe. Dink dis wat ek en jy altwee daar soek, wat ek dalk hier soek.

    Lief jou baie. X

  2. Jo-Ann Schou sê:

    Hallo René!

    Ok, nou moet jy vanoggend kom trane afvee. Van verlange.

    Ek kom van die Namib af. Ek verstaan. Ek dink nog altyd dat die duine baie mooier is as ou Tafelberg. Waar in die lewe kry jy mooier as die bruin sand langs die blou-blou see?

    En waar anders kry jy die stiller as stil soos wanneer jy vroegoggend wydsbeen bo-op die kruin van Duin 7 sit en in die verte kyk na waar duin op duin ‘n kartelrantjie aan die horison verf?

    Het jy al ooit gesien hoeveel lewe daar in die stil woestyn is? Het jy al die Meesterlike Kunswerk in die skaduwees van ‘n duin gesien?

    Wanneer ek weer die langpad vat, kom laai ek jou sommer op wanneer ek verbyry. Net ‘n waarskuwing, mens kom terug in liggaam, maar vir eers bly jou siel agter en dwaal nog daar rond.

    Have Fun!

    Jo-Ann

  3. Julle dwing my op my knieë – ai mensies, hoe gaan ek OOIT my dankbaarheid in woorde kan uitdruk!

  4. Just to be sê:

    Dit proe stoopsoet op my tong

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s